PAS IN: Britz kondig o.20-beginspan aan
PAS IN: Britz kondig o.20-beginspan aan

PAS IN: Britz kondig o.20-beginspan aan

Sokker
NAMPA
Die nasionale onder 20-sokkerafrigter, James Britz, het sy beginspan aangekondig vir Namibië se openingswedstryd vanaand teen die Sentraal-Afrikaanse Republiek by die 2021 Total Afrika Nasiebeker o.20-toernooi in Mauritanië.
Die nasionale uitsaaier NBC het aangekondig dat die wedstryd regstreeks gebeeldsend sal word. Die verwagte afskoptyd is om 21:00 Namibiese tyd (seweuur in Mauritanië).
Britz het aan die nuusagentskap Nampa erken die afwesigheid van die invloedryke kapteinskap van Steven Damaseb kan ’n leemte laat.
“Ons span is gelukkig hier en die jongmanne het goed aangepas. Maar dis ongelukkig dat drie spelers die wedstryd sal misloop. Ons kaptein Damaseb is een van hulle, asook Tully Nashixua en Pitsi Ameb,” het hy gesê.
Die afrigter het verduidelik dat Damaseb en Nashixua eers vandag (Maandag) aangekom het en gevolglik nie oorweeg is om die wedstryd te begin nie, omdat hulle die vereiste 48-uur tydperk vooraf vir ’n Covid-19-toets misgeloop het. Die twee sal nietemin beskikbaar wees vir die span se tweede wedstryd teen Tunisië.
Ameb het ’n besering opgedoen en kan glo wedstryd nommer twee óók misloop.
Britz het beloof dat sy spelers hul allerbeste sal gee. “Ons is hier om ons land te verteenwoordig.”
Die begin-elftal vir Namibië:
Ruhaka Ngatangue (doelwagter)
Verdedigers: Promise Gurirab, Ngazike Kandetu, Davids Tuhafeni, Amazing Kandji.
Middelveld: Denzil Narib, Karuuombe Tjipenandjambi, Prins Tjiueza, Kamatuka Emar (linkervleuel), Juninho Jantze (regtervleuel).
Voorspeler: Giovanni Kaninab.
Plaasvervangerbank: Joseph Philip, Erastus Brazzi, Amunyela Immanuel, Xavier McClune, Amon Romeo, Narib Jeovani, Katua Ngero, Berendt Ronin, Tsuseb Gonzales, Appolus Prins.
– Nampa


FOTO
Die voorspeler Giovanni Kaninab.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!