Pasgebore baba sterf ná val
’n Vrou beweer sy is aangesê om die pyn “af te stap” terwyl sy in kraam was.
Henriette Lamprecht - Die Engela-hospitaal in die Ohangwenastreek word van nalatigheid aangekla nadat ’n baba by geboorte op die grond geval en onmiddellik gesterf het.
Die baba se ma, me. Peelina Shiwovanhu Nghikumwa, dagvaar nou die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) vir N$565 000 weens nalatigheid en trauma.
Nghikumwa sê in haar hofstukke sy is op 20 Oktober 2017 in die Engela-hospitaal opgeneem om geboorte te skenk.
Volgens haar is sy alleen gelaat sonder enige mediese aandag, sorg of hulp.
Sy beweer ook sy is enige mediese hulp deur mediese personeel van die hospitaal geweier en is in die plek daarvan oor haar pyn “gespot” en aangesê om die pyn “af te stap”.
Nghikumwa het in kraam gegaan en omdat die personeel glo geweier het om haar te help, het haar baba “letterlik uitgeval, die vloer getref en as gevolg daarvan onmiddellik gesterf”.
Die hofstukke sê die dood van Nghikumwa se baba is ’n gevolg van die onregmatige en nalatige optrede van die hospitaal se mediese personeel.
Sy eis N$500 000 van die ministerie vir emosionele en sielkundige skok en trauma, ongerief en ongemak, N$15 000 vir begrafniskostes en N$50 000 vir toekomstige mediese uitgawes wat met berading verband hou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie