Pasiënt sterf in private hospitaal aan Covid-19
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) sê 'n pasiënt het in 'n private hospitaal in Walvisbaai aan Covid-19 gesterf. Dit is Namibië se vierde verwante sterfte waarvan al vier in Walvisbaai is. Shangula het geen verdere besonderhede oor die pasiënt bekendgemaak nie. Hy het vanmiddag 97 nuwe gevalle van Covid-19 aangekondig. Volgens hom is 13 bevestigde gevalle "uiters siek" en word of in hoësorg of in die intensiewesorgeenheid behandel waar hulle suurstof ontvang.
Uit die 97 nuwe gevalle is 90 van Walvisbaai, drie van Swakopmund, twee van Engela, een van Outapi en een in Katima Mulilo. Onder die gevalle in Walvisbaai is drie gesondheidswerkers.
Die gevalle in Engela is 'n nege jaar oue kind en 'n 42-jarige volwassene, albei kontakte van die bevestigde geval in dieselfde distrik. Hulle is sedert die oorspronklike geval se diagnase in selfkwarantyn gewees en toon geen simptome nie.
Die geval in Outapi is 'n 29-jarige man wat van Walvisbaai gereis het en met sy aankoms in kwarantyn geplaas is.
Uit die 97 gevalle is 81 mans en 16 vroue. Die jongste geval is drie jaar oud en die oudste geval 66 jaar oud.
Volgens Shangula het nog sewe mense herstel en wel gevalle 89, 103, 143, 166, 169, 179 en 244.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie