Pathways Afrika 2018 in Windhoek
'n Internasionale bewaringskonferensie gaan 175 afgevaardigdes van dwarsoor die wêreld in die hoofstad byeenbring.
Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, open vandag amptelik die vierdaagse internasionale Pathways Afrika-konferensie in Windhoek wat deur 175 afgevaardigdes bygewoon word.
Die konferensie duur tot 11 Januarie by die Safari Hotel en Konferensiesentrum met die tema “Living with Wildlife” waartydens kwessies oor hoe mens en dier kan saamleef, bespreek sal word. Die publiek is welkom om dit by te woon en kan by die konferensiesentrum registreer.
Die doelwit van die Pathways Afrika-konferensie is om 'n forum aan wetenskaplikes beskikbaar te maak om belangrike temas vir wildbewaring te bespreek en toe te pas. Navorsers van 28 lande sal tydens nege simposiumsessies praatjies lewer wat deur bewaringsleiers in regerings- en nieregeringsorganisasies en akademici ontwikkel is.
Die konferensie is voorafgegaan deur 'n driedaagse opleidingswerkwinkel in natuurlike hulpbronnebestuur van 6 tot 8 Januarie vir 45 veldbeamptes van onder meer Namibië, Botswana, Kenia, Tanzanië, Algerië, Suid-Afrika, Zambië en ander Afrikalande.
“Biodiversiteit is die grondslag vir 'n gesonde ekostelsel en mense vorm deel daarvan. Ons is verheug om Pathways Afrika 2018 in Namibië aan te bied waar ons Afrika se wildbestuurders en bewaringsbeleidleiers saam met internasionale navorsers en akademici byeen kan bring om idees te wissel en by mekaar te leer,” het dr. Laurie Marker, stigter en uitvoerende direkteur van die Jagluiperdbewaringsfonds (CCF) en hooforganiseerder van die konferensie gesê.
Die konferensie word deur die Colorado-staatsuniversiteit se Warner-kollege van natuurlike hulpbronnebestuur en die CCF geborg, in samewerking met die Groot Karnivoor-bestuursvereniging van Namibië (LCMAN), die Namibië Natuurstigting (NNF) en die ministerie van die omgewing en toerisme.
Ander borge is USAID Oos-Afrika, die Wêreldnatuurfonds (WWF) Namibië, die Russell E. Train Education and Nature Program, First National Bank, die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust), Cincinnati Zoo, Windhoek Lager, NedBank se Go Green-fonds, San Diego Zoo Global, Geka Pharma, African Wildlife Foundation (AWF), Air Namibia, Chelsea Fashions en Waltons Stationery.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie