PDM, ECN hof toe gesleep
PDM, ECN hof toe gesleep

PDM, ECN hof toe gesleep

Die storm wat die afgelope ruk binne die amptelike opposisie woed, neem toe.
Denver Kisting
Denver Kisting – Mnr. Norman Tjombe, die Windhoekse prokureur wat vier ontstoke Popular Democratic Movement (PDM)-lede verteenwoordig, het gister bevestig hulle gaan hof toe.

Alle aanduidinge was hulle sou ’n dringende aansoek by die hoërhof indien.

Oor die voortslepende drama het mnr. McHenry Venaani, die president van die PDM, gesê sommige lede van sy party probeer hul weg parlement toe stoomroller.

Die viertal het onlangs die party en die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) laat weet hulle mik hof toe as daar nie aan hul eise gehoor gegee word nie.

In ’n brief gedateer 6 Februarie 2020 skryf Tjombe namens die vier gegriefde partye, me. Charmaine Tjirare, mnr. Hidipo Hamata, me. Yvette Araes en mnr. Max Katjimune, aan die hoofkiesbeampte van die ECN, mnr. Theo Mujoro.

Tjombe sê sy kliënte se name is voor verlede jaar se nasionale verkiesings aan die ECN voorgelê vir oorweging om as kandidate vir die NV te staan.

Volgens die prokureur was die viertal onderskeidelik in posisies 12, 13, 14 en 17 op die PDM se parlementslys.

Die party het in die NV-verkiesing op 27 November 16.65% van die stemme op hom verenig, wat ’n totaal van 16 setels beteken, skryf Tjombe.

Hy sê voorts mnr. Reggie Diergaardt, wat die party onlangs onsuksesvol in die tussenverkiesing in die Khomasdal-kiesafdeling verteenwoordig het, was in die 15de posisie, maar het ná verlede jaar se verkiesing bedank.

Dít het meegebring dat die vier ongelukkige lede almal vir ’n stoel in die NV in aanmerking gekom het omdat elkeen een plek opgeskuif het weens Diergaardt se bedanking.

Die prokureur sê die lede moes sedertdien tot hul skok van ’n ander lys kennis neem.

Mujoro het bevestig die PDM het voor die 27 November-verkiesings ’n lys met benoemde kandidate aan die ECN verskaf en onder eed beweer dié kandidate voldoen aan die vereistes van die kieswet en die Grondwet. “Die benoemingsproses is toe afgehandel en die verkiesings is gehou.”

Hy sê die kieswet het geen saak met hoe ’n party ná ’n verkiesing die NV-sitplekke, wat hy verower, vul nie.

Volgens Mujoro laat skedule 4 (4) van die Grondwet politieke partye toe om lede vir die NV volgens hul eie keuse saam te stel. “Dit is twee baie verskillende prosesse – met verskillende artikels van die Grondwet wat van toepassing is. Die een is benoemings voor die verkiesing en die ander het te doen met lede van die Nasionale Vergadering.”

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!