Pers Mensvreters verstik amper
Rugby
Die Windhoek Draught Welwitschias, die Namibië Rugby-unie se amateurspan, het Saterdag 'n belowende vertoning in hul openingswedstryd in die Curriebeker eerste liga gelewer.
Die Griffons, wat ook op die bynaam Pers Mensvreters bekend staan, het verlede jaar die trofee in dié liga met 'n sege teen die Luiperds beklink . Maar Saterdag op Welkom moes hulle hard werk vir 'n oorwinning met 66-59.
Die Noord-Vrystaat was rustyd met 26-19 voor. Met 25 minute speeltyd oor, was die spanne op 45-45 gelykop. 'n Kwartier speeltyd was nog oor toe die Namibiërs vir die eerste keer die voortou geneem het.
Te danke aan nege aanskoulike Namibiese drieë vir die dag en 'n nederlaag met net sewe punte, het die besoekers verseker dat hulle twee bonuspunte uit dié wegwedstryd huis toe bring.
Die senter Darryl de la Harpe het drie drieë gedruk, terwyl losskakel Theuns Kotzé 14 punte met sewe doelskoppe behaal het.
Die Welwitschias se ander driedrukkers was heelagter Johann Tromp, flank Adriaan Booysen, reserwe-agterspeler Mahco Prinsloo, vleuel Lesley Klim, slot Max Katjijeko en reserwe-haker Shaun du Preez.
Aan die kant van die Griffons was sy binnesenter Arthur-William Williams (drie drieë) en die giftige drieëvraat en Blitsbok Selvyn Davids (twee drieë) aan die einde van verskeie bewegings in 'n oop wedstryd waarin altesame 19 drieë gedruk is.
Vuyo Mbotho (2), Barend Potgieter, Kwezi Mkhafu en Andrew du Plessis het die Noord-Vrystaters se ander drieë gedruk.
Losskakel Duan Pretorius was ook doeltreffend met agt uit sy tien doelskoppe.
Verlede jaar het die Griffons twee lelike tellings teen die Namibiërs opgestapel (101-0 in Windhoek en 84-25 op Welkom) en die afgelope naweek is dus 'n vingerteken na harde werk wat agter die skerms gedoen is om sake op koers te bring.
Nadat afrigter Lyn Jones se Welwitschias in die 2017 SuperSportreeks geen wedstryd kon wen nie, sal hulle nou uitsien om veel meer kompeterende vertonings in die tweede helfte van die seisoen teen hul portuur spanne in die Curriebeker eerste liga te lewer.
• Kaptein Eugene Jantjies en sy manne speel komende naweek tuis teen die OP Kings.
Die Oos-Kapenaars is Saterdag in Port Elizabeth met 40-27 deur die Boland Kavaliers geklop. Die senter Siyanda Grey het twee van die rooi-en-swart streeptruie se drieë gaan druk.
Die naweek se ander tellings van die Curriebeker eerste liga: Grens Bulldogs 41-48 Valke; Luiperds 42-42 SWD Arende.
• Ná een wedstryd elk is die puntestand in die kompetisie soos volg: 1 Boland Kavaliers (5 punte); 2 Hino Valke (5); 3 Down Touch Griffons (5); 4 SWD Arende (3); 5 Luiperds (3); 6 Grens Bulldogs (2); 7 Welwitschias (2); 8 Oostelike Provinsie (1).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie