Pienk, pienker, The Skinny Cow
. . . al is dit nié jou kleur nie!
Stel jou voor: alles is pienk! Pienk stoele, pienk mure, pienk drankies, pienk pannekoek en selfs pienk broodjies. Dít is maar een van die elemente wat The Skinny Cow Eatery uniek maak.
Dié boetiekrestaurant het Woensdag sy deure in die Elysium Fields-inkoopsentrum in Klein Windhoek oopgemaak. Dié eetplek beloof 'n unieke ruimte vir kliënte om te ontspan en te kuier met ’n warm- óf mengeldrankie in die hand, en hartskos wat met liefde gemaak is.
Die span agter The Skinny Cow Eatery het die afgelope twee maande onverpoos gewerk om die “pienk paradys” se vere reg te skud, voor ’n handjievol gaste Dinsdagaand die geleentheid gehad het om ’n voorsmakie te kry.
“Hier glo ons in hartskos,” het Donay Dodds, die jong restaurantbestuurder, gesê. “Ons wil hê jy moet gesonde kos eet – goeie kos, maar ook lekker kos!”
Dié unieke eetplek bied alles van hamburgers en pastageregte, heerlike warm drankies en skemerkelkies, tot allerlei soet bederfies soos macarons, oliebolle en kolwyntjies.
“Ons fokus op goeie bestanddele van plekke wat saakmaak,” het Donay benadruk.
Die eienaar van The Skinny Cow, Nikita Rix-Venter, is alreeds ’n ervare sakevrou. Sy is ook die eienaar van The Collective Boutique – die gesogte ontwerpersboetiek in dieselfde sentrum.
“Ek kom uit ’n gesin van kosliefhebbers. Elke spesiale geleentheid is rondom kos beplan – elke maaltyd was ’n unieke ervaring,” vertel sy.
“Terwyl ek sielkunde in Kaapstad studeer het, het my liefde vir kos gegroei. My man het my bederf deur my minstens twee keer per week na die beste restaurante in Kaapstad te neem. Ek was baie bevoorreg. Elke keer wat my ma kom kuier het, sou ons na hierdie klein, pienk eetplekkie toe gaan wat die beste koek – en natuurlik die beste wyn – gehad het. Hiér is my droom van ’n boetiekrestaurant gebore. Ek het nooit gedink dit sal gebeur nie, maar hier is ons nou!”
Nikita vertel sy wou ’n ruimte skep wat die idee van ’n “gewone” restaurant-ervaring uitdaag. ’n Plek waar mense veilig voel, waar elke detail op die bord ’n doel het en ’n plek waar mense sal wil saamkom om fees te vier en vrolik te wees – hetsy dit ’n verjaardag, ooievaarstee, bruidstee, “brunch”-afspraak of net ’n verskoning is om sjampanje te drink!
“My droom is verwesenlik toe God my die geleentheid gegee het om ’n eetplek rég langs my boetiek oop te maak. Ek wil hê elke maaltyd moet ’n unieke ervaring vir ons kliënte wees. Dít is die hart en siel van The Skinny Cow.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie