Pille vir Xander
’n Seuntjie van Rehoboth het dringend medikasie nodig om sy ystervlakke te laat daal.
Henriette Lamprecht – Op die oog af lyk hy soos enige normale seuntjie, maar vir die driejarige Xander Savage beteken elke week ’n plasma- en elke drie weke ’n bloedoortapping.
Xander is met ernstige idiopatiese aplastiese anemie gediagnoseer, ’n sindroom wat beteken sy beenmurg vervaardig nie gesonde bloedselle voldoende nie.
Xander loop vervolgens die risiko van bloedarmoede, ernstige infeksies sowel as onbeheersde bloeding.
Weens die oortappings het sy ystertelling nou die hoogte ingeskiet en moet dit dringend onder bedwang gebring word om te verhoed dat sy lewer en brein aangetas word.
Volgens Xander se pa, Edwin, was sy jongste seun ’n gesonde baba tot hy op die ouderdom van een jaar skielik blou kolle gekry het en baie bleek was.
Hy is deur ’n private dokter op Rehoboth ondersoek, wat toetse op hom gedoen het en hom Katutura-hospitaal toe verwys het.
“Dit (die toetse) sê net hy het nie kanker nie,” vertel Edwin. Tog is sy seun se toestand “erger as kanker”.
“Hy het ’n vernoude rugmurg wat nie sy rooi- en witbloedselle ondersteun nie.”
Xander, ’n staatspasiënt, moet vir ’n rugmurgoorplanting na Suid-Afrika reis, maar volgens Edwin kan die staat nie bekostig om hom te stuur nie. As enigste broodwinner met ’n seun wat ’n staatspasiënt is, beskik die gesin ook nie oor die nodige geld vir ’n oorplanting of die medikasie wat hy nou dringend nodig het nie.
Edwin vertel sy jongste seun het op tweejarige ouderdom skielik een middag op Rehoboth, waar die gesin woon, begin verswak. Hy kon nie loop nie en het net gelê, sê Edwin. Daar is met hom na ’n private dokter op die dorp gejaag, wat aan sy ouers gesê het hul seun sal hoogstens ’n jaar leef.
Daar was volgens die dokter niks wat meer wat vir hom gedoen kon word nie. Xander is die aand per ambulans na die Katutura-hospitaal gebring waar hy onmiddellik ’n bloedoortapping moes kry. Tydens die oortapping het sy seun “weggeraak”, sê Edwin.
“Hulle het gesê hulle het alles gedoen wat hulle kan, Xander was weg.”
Xander se ma, Monique Titus, het Edwin gebel om die nuus oor te dra.
“Ek het gesê hulle moet hom net so los tot ek kom. Hy was feitlik ’n lykie toe ek hom sien.”
Intussen het nog ’n dokter gesê Xander het “nog ’n bietjie lewe in sy hart”. Hy het suurstof ontvang en is na Rhinopark se intensiewesorgeenheid oorgeplaas.
“Monique het klaar aanvaar hy is nie meer daar nie, maar ek het die aand vir hom gebid en vir die dokter gesê ‘môre is hy wakker’. Ek het die aand gedroom my kind lag. Toe ek die volgende oggend daar kom, het hy aan die pype gelê en kou!”
Vier dae later is Xander, wat teen dié tyd sy sig verloor het, weer na die Katutura-hospitaal oorgeplaas, waar hy ’n jaar deurgebring het.
Hy was ook vir ’n jaar en twee maande in die Windhoek Sentrale Hospitaal, waaruit hy verlede jaar November uiteindelik ontslaan is.
Dít op voorwaarde dat hy elke week ’n oortapping ontvang.
“Wanneer die plasma opraak, loop die bloed by sy neus en mond uit en ‘bloei’ dit oral op sy lyf. Hy kry ook bloedblasies in sy mond. Soggens ruik sy asempie na bloed.”
Tans drink Xander agt pille ’n dag, maar toon geen verbetering nie.
Op die oog af lyk hy heeltemal gesond, sê Edwin.
“Hy eet goed en is baie aktief. Die meeste mense sien niks met hom verkeerd nie.”
Die pille wat Xander nou dringend nodig het om sy ystervlakke af te bring, sal die gesin N$10 000 ’n maand uit die sak jaag.
“Ons het nie daardie geld nie. Net ek werk. Xander se ma kan nie werk nie, omdat sy hom moet oppas. Hy kan nie by enigiemand bly nie.”
Weens hul finansiële las moes Edwin Xander se twee ouer boeties in die verlede al uit die skool haal, maar hulle is gelukkig weer terug.
Edwin sê as nutsman sal hy genoeg geld verdien om Xander se medikasie te kan betaal.
Lede van die publiek wat die gesin wil ondersteun, kan Edwin by 081 763 2152 kontak.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie