Planne vir pro-Zuma-party 'verloop glad'
Planne vir pro-Zuma-party 'verloop glad'

Planne vir pro-Zuma-party 'verloop glad'

Mazibuyele Emasisweni sê dit gaan voor die wind met hul planne vir ’n nuwe pro-Zuma-party, ten spyte van oudpres. Jacob Zuma se ontkenning dat hy die ANC sal verlaat.

Die konsultasies verloop seepglad, maar daar is nog nie besluit of die groep ’n politieke party sal wees of nie, sê Reggie Ngcobo, woordvoerder van die groep.

Dié besluit sal eers geneem word wanneer “al die relevante rolspelers” hul insae gegee het. In onlangse gesprekke blyk dit dat die oorwegende mening is dat dit ’n politieke groepering moet wees, sê Ngcobo.

Mazibuyele Emasisweni het glo Zuma self en verskeie politieke veterane oor die party genader.

“Hulle is die mense wat ons toekoms sal bepaal,” sê Ngcobo.

Mazibuyele Emasisweni het ’n beroep op swart ondernemings en ondersteuners gedoen om met finansiering te help.

Die groep het sedert Zuma verlede week by Nkandla gepraat het, met godsdienstige leiers in Gauteng, tradisionele leiers oor die land heen en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) vergader.

Hulle sal volgende week “op ’n nasionale vlak” met die taxibedryf praat, sê Ngcobo. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!