Pluimveebedryf staan saam
Pluimveebedryf staan saam

Pluimveebedryf staan saam

Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (Sapa) sê hy verteenwoordig nou 80% van die plaaslike braaihoenderprodusente.
Vida Booysen

Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (Sapa) sê in ’n verklaring wat Vrydag uitgereik is, die hoenderbedryf in Suid-Afrika het ná ’n spesiale vergadering van alle belanghebbendes sy voorneme uitgespreek om sy onderlinge verskille opsy te skuif “sodat daar saamgewerk kan word om die kwessie te pak wat die bedryf teister.”

Al die groot hoenderprodusente, Astral, RCL Foods, Country Bird Holdings, Daybreak Farms, Chubby Chicks en Grain Field Chickens, asook die Eier-organisasie het volgens Sapa se verklaring ’n verenigde front gevorm.

Sapa gaan ook probeer om die meeste van die oorblywende 20% van die produsente wat nie by hom aangesluit het nie, om te haal om dit wel te doen.

“Die bedryf het verlede jaar se vernietigende droogte oorkom en die gevolglike daling in voerkoste het hoenderprodusente weer ruimte gegee om asem te skep,” lui die verklaring.

Maar die deurlopende bedreiging dat die plaaslike bedryf weens hoenderstorting van oorsee kan verklein bly volgens Sapa ’n groot bekommernis.

“Die taakspan wat in November deur die department van handel en nywerheid ingestel is om moontlike oplossings vir die probleem te vind, het nog nie sy aanbevelings gefinaliseer nie.”

Daarby het die onlangse uitbreking van voëlgriep produsente se probleme vererger, sê die organisasie.

“Sapa is daaraan toegewy om die belange van alle rolspelers, groot en klein, te verteenwoordig en om sonder ophou te werk aan die beskerming van die pluimveebedryf wat die grootste enkele segment in die Suid-Afrikaanse landbousektor verteenwoordig.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!