Polisie gryp duisende se dwelms
Polisie gryp duisende se dwelms

Polisie gryp duisende se dwelms

Die Namibiese polisie het 19 mense tussen verlede Woensdag en Sondag in verband met die besit van verskeie dwelms ter waarde van meer as N$100 000 in hegtenis geneem.

Woensdag om 20:40 is ’n 25-jarige man in Kuisebmond in verband met 33 eenhede crack-kokaïen en drie bankies dagga ter waarde van N$8 950 in hegtenis geneem.

Op Walvisbaai is ’n 60-jarige vrou by ’n huis in Theo Ben Gurirabstraat glo in die besit van een hele Mandrax-tablet, drie halwes en 5 g dagga te waarde van N$300 in hegtenis geneem.

Op Swakopmund is twee mans van 26 en 33 in hegtenis geneem.

Hulle is Donderdag om 21:35 in die DRC- informele nedersetting na wat verneem word met 17 balies en 15 bankies dagga, drie hele Mandrax-tablette en twee halwes, sowel as 10 kwart- Mandrax-tablette in hul besit gevind.

Die totale waarde van die dwelms is nog nie bekend nie.

Donderdag is ’n 23-jarige man by die padblokkade tussen Windhoek en Okahandja glo met 3 740 g dagga ter waarde van N$74 800 in hegtenis geneem. Die verdagte is na bewering ’n taxibestuurder en die polisieondersoek duur voort.

Twee vroue van 23 en 26 en sewe mans tussen 23 en 37 is in hegtenis geneem nadat hulle na bewering in die besit van dagga, crack-kokaïen en Mandrax-tablette ter waarde van N$4 120 gevind is.

Die mense is op Rehoboth in hegtenis geneem.

Saterdag is drie mense tydens ’n polisie-operasie op Keetmanshoop in verband met dwelms in hegtenis geneem.

Die twee mans en een vrou is glo om 21:30 met 75 vol, sewe halwe en 24 kwart Mandrax-tablette ter waarde van N$9 000 in die Tseiblaagte-nedersetting gevang.

Op dieselfde dag en tydens dieselfde operasie is nog ’n 28-jarge man in verband met 19 balies dagga ter waarde van N$190 in hegtenis geneem.

Die polisie by die Mururani-hek in die Kavango-Wesstreek het ’n voertuig deursoek en ‘n 24-jarige man in verband met ses pakkies dagga in hegtenis geneem.

Die polisie het nog nie die waarde daarvan bereken nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!