Polisie hou die fort
Polisie hou die fort

Polisie hou die fort

Yochanaan Coetzee
Gesamentlike bedrywighede deur Nampol, die Motorvoertuigongeluksfonds (MVAF) en Otjiwarongo-munisipaliteit se verkeersdepartement is in November op die dorp bekend gestel, met aktiwiteite wat tot 16 Januarie 2018 duur.

Tydens die bekendstelling wat by die permanente polisiepadblokkade 4 km noord van Otjiwarongo plaasgevind het, het mnr. Sidney Boois van die MVAF gesê daar gaan vanjaar meer padblokkades in die Ojtozondjupastreek wees.

“Daar gaan een naby Sukses, sowat 80 km suid van Otjiwarongo, en ook by Plaas Etunda naby Otavi wees,” het hy gesê.

Hy het gesê hy sien nog baie swak bestuursgewoontes op openbare paaie en het dit ten sterkste veroordeel. Hy het die polisiebeamptes en plaaslike verkeersdepartement aangemoedig om geen genade te toon teenoor motoriste wat onpadwaardige en oorlaaide motors bestuur of die snelheidsperk oorskry nie.

Boois het voorts elke beampte uitgedaag om elke dag meer as 100 motors te toets en besonderhede oor die motor, die motoriste en hul reise aan te teken.

Insp. Johannes Gaeseb van die Otjiwarongo-polisiekantoor het gesê hy en sy span sou motors wat in albei rigtings ry, aftrek en nagaan. “Ons sal seker maak die aksies by die Otjiwarongo-padblokkade is ’n sukses,” het hy gesê.

Gaeseb het motoriste aangeraai om motors se bande en algemene toestand na te gaan, en om hulself van die padreëls en regulasies te vergewis. – Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!