Polisie in Otjozondjupa soek jou
In die Otjozondjupastreek bewaak een polisiebeampte 135 mense in ‘n bevolking van meer as 150 000.
Die Namibiese polisie (Nampol) se streeksbevelvoerder in Otjozondjupa het ‘n beroep om die werwing van meer polisiebeamptes vir die streek gedoen.
Dit is volgens hom nodig omdat die polisiestrukture in die streek tans onderbeman is. Die verhouding is een polisiebeampte vir elke 135 mense in ‘n bevolking van meer as 150 000.
Kommissaris Heinrich Tjiveze het dié beroep op 13 Augustus tydens ’n vergadering van stasiebevelvoerders op Otjiwarongo gemaak, berig die nasionale nuusagentskap, Nampa.
Volgens Nampa was die inspekteur-generaal van Nampol, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, asook die adjunk-inspekteur-generaal vir operasies, genl.maj. Oscar Embumbulu, ook by die vergadering.
Volgens Tjiveze is daar 1 883 vakante poste vir polisiebeamptes in die Otjozondjupastreek wat gevul moet word. Hy het benadruk die streek moet kragtens die goedgekeurde struktuur 2 992 polisiebeamptes hê, maar moes tot dusver met slegs 1 109 polisiebeamptes (619 mans en 490 vroue) klaarkom. In Februarie is 48 vroue en 72 mans bevorder tot hoër poste, sê hy.
Otjozondjupa het 26 polisiekantore. Tjiveze sê hy is verantwoordelik vir die hele bevolking daar, asook inwoners van Outjo in die Kunenestreek.
“Ongeag die terugslae in terme van menslike hulpbronne, is misdaad in die streek op die oomblik hanteerbaar en onder beheer.”
Volgens die streeksbevelvoerder word algemene misdaad soos veediefstal, padongelukke, geslagsgeweld, aanranding en huisbrake wel voortdurend by bykans alle polisiekantore aangemeld.
Ndeitunga het op sy beurt gesê die polisiemag ervaar oor die algemeen uitdagings weens begrotingsbeperkinge wat die hele Nampol raak. “Maar as dit die situasie is, moet jy as stasiebevelvoerder strategie inspan, asook polisieaktiwiteite in distriksoperasies saamvoeg om misdaad op bedrywige plekke te beveg,” is sy raad.
Ndeitunga het ook by die geleentheid lui, ondoeltreffende polisiebeamptes en dié wat met ‘n “plaaslike ingesteldheid” te werk gaan, gewaarsku dat hulle na ander polisiekantore ontplooi sal word.
Die polisiehoof het by dieselfde geleentheid nog klagtes van inwoners oor onbevoegde polisiediens in die streek aangehoor. Plaasboere, sakelui en gemeenskapslede het onder meer gekla oor lui polisiebeamptes en stadige opvolgwerk nadat misdade aangemeld is.
“In September laas jaar is ek geweier om 'n saak oor my vermiste voertuig te open. Die polisiebeamptes by die Otjiwarongo-polisiestasie het vir my gesê dit is nie 'n saak om by hulle aan te meld nie,” het ‘n inwoner van Otjiwarongo, me. Wilma Gaweses, gesê.
Mnr. Piet Stoman van die Grootfontein-gebied het gekla oor veediefstalle wat nie deeglik ondersoek word nie, en lank duur om voltooi te word.
Hy het ook ‘n beroep op die polisie gedoen om toeriste op besoek aan Namibië te beskerm. Stoman sê die polisie moet beleefd en behulpsaam teenoor toeriste wees omdat dit 'n slegte indruk skep as besoekers van ver kom om die mooie Namibië te ervaar, maar van hul geld en besittings geroof word.
Mnr. Neels van Tonder, 'n plaasboer van die Outjo-distrik, het stasiebevelvoerders versoek om ingelig te bly oor plaaslike gebeure in hul onderskeie polisiesone, asook misdadigers in hegtenis te neem en behoorlik te laat vervolg.
Die kwessie van die toename van sjebiens in woonbuurte oraloor die streek is ook aangespreek. Inwoners het versoek die polisie moet onwettige sjebiens en dié wat hul dranklisensiebepalings oortree, onmiddellik toemaak.
Ndeitunga het inwoners aangemoedig om hul griewe te lug en gesê hy kan die stories goed glo omdat hy soms self sukkel om sy amptenare in die streek in die hande te kry. “Julle, die publiek, is die eienaars van hierdie polisiekantore en julle moet aanhou uitpraat oor slegte diens as julle nie gelukkig is nie. Polisiebeamptes is hier gesit om julle te dien,” het hy gesê.
Die polisiehoof het amptenare ook gewaarsku teen gebrek aan dissipline, afwesigheid en onprofessionele gedrag. Die paar polisiebeamptes wat Nampol se naam so sleg maak, sal nie bevorder word nie, volgens hom.
“Wetteloosheid is 'n teken van 'n swak polisiemag. Ek moedig julle almal aan om polisiewerk in die streek te verbeter. Wat aangemelde misdade betref, het dié streek die vierde meeste voorvalle in die land,” het hy gesê.
Ndeitunga het gesê wat nasionale misdaadverslae betref, is Khomas in die eerste plek, gevolg deur Oshana, Erongo, Otjozondjupa en Kavango-Oos. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie