Polisie lê beslag op 1,4 ton kokaïen
Australië
Ná afloop van ’n polisieondersoek van twee en ’n half jaar het Australiese owerhede tydens 'n middernagtelike klopjag aan boord van ’n jag op ’n rekord hoeveelheid kokaïen van 1,4 ton beslag gelê.
Polisielede het die sakke kokaïen ter waarde van A$312 miljoen (sowat N$3,17 miljard) die naweek in Sydney afgelaai en ’n geraamde 1,4 miljoen onwettige straatverkope verhoed.
Michael Keenan, minister van justisie, sê die dwelmmark in Australië is baie meer winsgewend vir dwelmhandelaars as in die res van die wêreld.
“’n Kilogram kokaïen is in Amerika 26 000 Australiese dollar (sowat N$265 000) werd, maar hier kan dit vir soveel as 240 000 Australiese dollar (sowat N$2,4 miljoen) verkoop word,” sê Keenan.
Ses mans is aangekla en kan lewenslank tronk toe gestuur word. - Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie