Polisie skiet vier Islamitiese verdagtes dood
Iran
Die polisie in Iran het vier vermeende lede van die Islamitiese Staat-groep (IS), van wie twee buitelanders, in die suidelike Hormuzgan-provinsie doodgeskiet asook beslag op wapens en die groep se vlag gelê, het Iran se nuusagentskap gister berig.
'n Groot veiligheidsoperasie is van stapel gestuur nadat 17 mense verlede Woensdag in selfmoordbomaanvalle asook vuurwapenaanvalle in Teheran dood is, die eerste aanval waarvoor die onversetlike Soenni-Islamitiese groep van IS in Iran, 'n meerderheid Sjiitiese land, aanspreeklikheid aanvaar het.
'n Plaaslike amptenaar in die hawedorp Jask en ook in Hormuzgan sê vyf verdagtes met bande met IS is gister in hegtenis geneem, het die Mizan-nuusagentskap berig. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie