Polisie soek heelnag na Prinsloo se moordenaar
Ronelle Rademeyer - Polisiebeamptes van Swakopmund, Hentiesbaai en Walvisbaai het deur die nag gesoek na die man wat na bewering gistermiddag die 39-jarige me. Lindie Prinsloo in hul gesamentlike huurhuis in Harderstraat 15 op Swakopmund vermoor en op die vlug geslaan het.
'n Moeë adj.komm. Erastus Ikuyu het vanoggend by navraag gesê die man is steeds soek. Hy het 'n beroep op die publiek gedoen om op die uitkyk te wees vir hom en die polisie dadelik te kontak indien hulle inligting het oor waar hy hom bevind.
Intussen stroom huldeblyke op Facebook in vir dié geliefde kunstenaar en kampvegter vir die beskerming van diere.
Haar liggaam is gistermiddag in 'n plas bloed in die badkamer van haar huis gevind. Sy is deur haar moordenaar keelaf gesny. Haar sesjarige dogter was ook in die huis.
Die man met wie sy in 'n verhouding was, word deur die polisie gesoek. Hy het volgens die polisie hul gesamentlike woning gister in haar wit Kia-voertuig met die registrasienommer N 1556 S verlaat.
'n Klag van aanranding gewoon en aanranding deur dreigement is vroeër deur haar teen hom ingedien. Dit was nadat hy glo gedreig het om haar dood te maak.
Ikuyu kan by 081 246 4757 gekontak met inligting oor die voortvlugtende man.
Foto: Lindie Prinsloo en die man met wie sy in 'n verhouding was.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie