Polisie voer klopjagte in Brussel uit
Polisie voer klopjagte in Brussel uit

Polisie voer klopjagte in Brussel uit

België
Estelle de Bruyn
Die Belgiese polisie het gister klopjagte op agt huise in die Brussel-gebied as deel van 'n voortgesette teenterreur-operasie uitgevoer, het aanklaers gesê.

Die klopjagte hou nie verband met die aanvalle van die Islamitiese Staat-groep (IS) in November 2015 in Parys of die bomaanvalle verlede Maart in Brussel nie.

Die koerant La Derniere Heure het berig spesiale magte met die steun van teenterreur-polisie voer klopjagte op huise in Molenbeek, Schaerbeek, Anderlecht en Laeken uit.

Voorts is berig verskeie mense word aangehou vir ondervraging omdat hulle na Sirië gereis het of van die oorlogsone teruggekeer het. België is die Europese land met die hoogste per capita-vegters wat in Sirië en Irak veg. Die aantal word op 465 beraam. -Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!