Polisiebeampte vra glo omkoopgeld
’n Namibiese polisiebeampte is vroeër vandag deur die Teenkorrupsiekommissie (ACC) by die Rehoboth-padblokkade in hegtenis geneem. Na bewering het die polisiebeampte gister ’n persoon by die padblokkade in hegtenis geneem wat ’n verdagte lisensieskyf op sy voertuig gehad het. Onderweg na die polisiekantoor het die beampte glo vir omkoopgeld gevra om nie die persoon in hegtenis te neem of die voertuig te skut nie. ’n Gedeelte van die omkoopgeld is gister betaal en die res vandag. Die omkoopgeld beloop N$1 000.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie