Polisieman in Kuisebmond doodgesteek
Polisieman in Kuisebmond doodgesteek

Polisieman in Kuisebmond doodgesteek

Ronelle Rademeyer
'n Konstabel wat by die polisiekantoor in Kuisebmond diens doen, is in die vroeë oggendure Saterdag dood nadat hy naby sy meisie se huis deur vyf mans met messe aangeval is.
Die 29-jarige konst. Asser Dominicus (foto) en sy meisie was om halfeen die oggend onderweg na haar huis in James Brownstraat nadat hulle by vriende gekuier het. Vyf mans met messe het hulle voorgekeer en vir waardevolle items deursoek, lui 'n verslag deur die polisie in die Erongostreek.
Die bende het niks geroof nie, maar toe hulle verder stap, is Dominicus van agter in die linkerskouer met 'n mes gesteek. Toe hy omdraai, het hulle hom in die bors en abdomen gesteek en weggehardloop. Die paartjie het die laaste sowat 200 m na haar huis probeer gestap, maar hy het inmekaar gesak en gesterf.
Dominicus is deur die paramedici van E-Med Rescue dood verklaar toe hulle op die toneel kom.
Volgens die polisie is een persoon sover as deel van die ondersoek in hegtenis geneem.
.
Foto: Verskaf

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!