Politici verdeeld oor hokmaatreëls
Een week sedert die meeste Namibiërs aan indringende regulasies moet voldoen, doen politieke leiers ’n beroep op almal om by dié reëls te hou.
Denver Kisting – Die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Esther Muinjangue, sê Namibiërs moet besef die Covid-19-pandemie is ernstig. “Dit is die werklikheid waarin ons tans leef – nie net in Namibië nie maar die hele wêreld.”
Muinjangue is ook die president van die National Unity Democratic Organisation (Nudo).
Sy sê omdat pres. Hage Geingob onlangs ’n noodtoestand afgekondig het, “beteken dit eenvoudig dit is nie sake soos gewoonweg nie. Daarom moet alle Namibiërs die situasie ernstig beskou en hul bes probeer om by die reëls te hou. Kom ons aanvaar almal die verantwoordelikheid om die verspreiding van die virus hok te slaan.”
Die uitvoerende direkteur van Swapo, mnr. Austin Samupwa, sê: “Ek moet ons inwoners aanmoedig om aan te hou om by die veiligheidsregulasies te hou soos dit gepubliseer is. Dit is die enigste manier om op die oomblik die verdere verspreiding van die virus te keer.”
Mnr. Mike Kavekotora, die leier van die Rally for Democracy and Progress (RDP), sê Namibiërs het die neiging om alles ligtelik op te neem. “Ons is betreklik die minste voorbereid vir die virus (en) skiet tekort aan die nodige toerusting en infrastruktuur om met die pandemie om te gaan, maar pas nie selfbeskerming toe om voorsorg teen die virus te tref nie.”
Volgens hom doen die regering hul bes om hulpbronne en nuttige inligting beskikbaar te stel. “Dit is bewys die beste beskerming is selfbeskerming. Dit sal verhoed dat die virus plaaslik vlam vat. So, mede-Namibiërs kom asseblief die riglyne na sodat ons land so gou as moontlik na normaal terugkeer.”
Die tandarts dr. Panduleni Itula, wat in November as presidensiële kandidaat aan die verkiesings deelgeneem het, sê hy het nie onder die huidige omstandighede die mag om op te tree of besluite te beïnvloed nie.
Hy word glo oorval met navrae oor wat hy doen in die stryd teen Covid-19. “Dr. Itula, soos enige ander inwoner, is onderworpe aan dieselfde noodtoestandregulasies, waaraan ons almal sonder uitsondering moet voldoen as ons ons nasie wil red.”
Mnr. Bernadus Swartbooi, leier van die Landless People’s Movement (LPM), sê die regering se gedrag jeens die uitbreking van die virus in Namibië is “ongepoets”. “Die inperking is té verregaande,” meen hy.
Hy sê hy twyfel of die regering oop kaarte speel oor die werklike aantal mense wat die siekte onder lede het. “Watter vertrouensverhouding is daar tussen die regering en mense as die publiek hulle nie as eerlik beskou nie?” - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie