Pote: ‘As jy nie luister nie, gaan jy nie speel nie’
SuperRugby
Cobus Claassen
Die Bulle sal nie weer, soos verlede jaar in Kaapstad, terughou wanneer die Leeus Sondag op Superheld-Sondag aangedurf word nie, sê Pote Human, die Pretorianers se hoofafrigter.
’n Naasbeste span van die Stormers het die Bulle verlede jaar – op dié dag – in die Kaapstad-stadion oortuigend afgestof.
Die Stormers was ná 17 minute met 21-0 voor en het uiteindelik met 33-28 gewen.
Die Bulle het twee weke later in die openingsronde van die Superreeks verras toe hulle die Kapenaars met 40-3 afgeransel het op Loftus Versfeld.
Human sê daar sal nie Sondag sulke truuks teen die Leeus wees nie.
“Nee, daar is soveel mededinging tussen die spelers, hulle sal alles gee. Die span is nog nie gekies nie en die spelers weet hulle het baie om te bewys.”
Daar is die afgelope week hard in die Bulle-kamp gepraat oor die span se gebrekkige dissipline verlede naweek teen die Tukkies.
“Dit is iets waaroor ons gepraat het. Ons is 18 keer gestraf teen die Tukkies, wat onaanvaarbaar is.
“As jy nie gaan luister nie, gaan jy nie speel nie. Dit is eenvoudig: Dissipline word voorop gestel.”
Die Leeus het verlede seisoen by Loftus kom inkopies doen en spelers soos André Warner (skrumskakel) en Roelof Smit (flank) het sedertdien oor die Jukskei geskuif.
Human glo nie dit is ’n resep vir kwaai vriende in die FNB-stadion nie.
“Nee, dit is ’n beroepsport. Die ouens wat aanbeweeg het, wens ek die beste toe.
“Toe ons gegroet het, het ek vir hulle gesê ek sal altyd ’n sagte plek vir hulle hê, want hulle was deel van die familie.”
Human het spottenderwys gesê hy kan sekerlik nie weer soveel teëspoed met sy kaptein hê nie.
Daar was in 2019 noodgedwonge vier Superrugby-kapteins – Lood de Jager, Handré Pollard, Duane Vermeulen en Burger Odendaal.
“Ek hoop ek het meer geluk as verlede seisoen. Lood het ’n wedstryd en ’n half gehou voordat hy beseer is en later was Burger vir net een wedstryd die kaptein in die Curriebeker-reeks.”
Odendaal sê hy is reeds daaraan herinner dat hy nie dié seisoen “net vir 40 minute kan speel nie”.
“Ek het toevallig Maandag by die fisio’s langs coach Pote gelê nadat ek ’n lammie (been) teen die Tukkies gekry het.
“Ek het dit natuurlik gehoor,” het Odendaal met ’n glimlag gesê. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie