Pottebakkers, skryf in vir Keramiek Biënnale
Die Pottebakkersvereniging van Namibië se sewende Nasionale Keramiek Biënnale open op 3 September by die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) met die doel om die werk van die land se beste pottebakkers ten toon te stel.
Die internasionaal erkende Suid-Afrikaanse pottebakkers en beeldhouers Anton en Hanlie Bosch van Mpumalanga sal as genooide beoordelaars en aanbieders van die slypskool optree. Hulle sal hul vaardighede op die naweek van 5 tot 7 September in Windhoek met deelnemers deel.
Die bekende plaaslike beeldhouer Alpheus Mvula sal ook ? beoordelaar wees.
Enige iemand wat in Namibië woon en pottebakkers is, hetsy professioneel of amateur, kan inskryf met die oog op die premiertoekenning asook pryse in die afdelings vir wielwerk, handwerk en beeldhouwerk. Die sluitingsdatum vir die indien van kunswerke by die NAGN is Saterdag 29 Augustus en die uitstalling sal tot 30 September duur.
Vir meer inligting of inskryfvorms, stuur ? e-pos na [email protected] of besoek hul webwerf by www.pan.iway.na.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie