PPP's benodig vir infrastruktuur, su00ea regering
PPP's benodig vir infrastruktuur, su00ea regering

PPP's benodig vir infrastruktuur, sê regering

Mededinging in die private sektor kan 'n hupstoot vir staatsondernemings se projekte gee.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die adjunkdirekteur van openbare private-vennootskappe (PPP's) in die ministerie van finansies, mnr. Elifas Luaanda, sê 85 aansoeke is tot dusver ontvang om op die ministerie se PPP-komitee te dien.

Dit volg op advertensies wat laas maand in die verband geplaas is.

Volgens hom word daar gevorder met die toepassing van die wet op openbare private-vennootskappe wat in Junie deur president Hage Geingob onderteken is. Hy sê PPP's is bloot 'n bykomende aankoopmodel vir die regering se verkrygingsproses.

“Dit is belangrik om te verstaan dat betaling vir PPP-werk op prestasie gebaseer is, anders is boetes van toepassing,” sê hy.

Die verskil tussen PPP's en tradisionele verkryging is dat die regering nie meer die middelpunt is nie, maar eerder die "spesiale voertuig" wat deur die PPP-ooreenkoms geskep is. Wat nou kort, is PPP-projekte wat goed voorberei en gereed is om die mark te betree, sê Luaanda.

“Die wet stel dit duidelik dat ongevraagde voorstelle en ooreengekome transaksies nie toelaatbaar is nie. Verkryging vir alle projekte sal deur middel van 'n mededingende proses gedoen word. Laat die private sektor meeding.”

Volgens Luaanda is die Wêreldbank tans besig met 'n studie oor die beste PPP-opsies vir die uitbreiding van die Internasionale Lughawe Hosea Kutako en die vraghouerterminale op Walvisbaai.

Ander PPP-projekte wat beoog word, sluit in gesondheidsinfrastruktuur en spoorwegprojekte (spesifiek die verbinding tussen Lüderitz en Suid-Afrikaanse uitvoerders), asook krag- en waterinfrastruktuur.

PPP's was een van die oplossings wat laas week bespreek is tydens Lithon Project Consultants, 'n plaaslike raadgewende ingenieursfirma, se 15de verjaardagvieringe by die Namibië Instituut vir Openbare Administrasie en Bestuur (Nipam).

NamPower is reeds 'n voorloper danksy verskeie PPP-ooreenkomste met betrekking tot hernubare energie, sê mnr. Bertholdt Mbuere ua Mbuere, bestuurder van energiehandel. Volgens hom maak soortgelyke kleiner projekte oral 'n impak en is in pas met NamPower se plan vir verspreide kragopwekking. 'n Meerderheid van Namibiese eienaarskap van die projekte is wat nou nodig is, sê hy.

“Daar was geen beurtkrag in Namibië nie en daar sal geen beurtkrag vir die volgende vyf jaar wees nie.” Volgens Mbuere moet die land die blaaskans benut om aan grootskaalse kragopwekkingsprojekte te werk.

Nie een van NamWater se huidige infrastruktuurprojekte of dié van die verlede word berou nie, sê mnr. Willem Venter, die hoof van beplanning en waterhulpbronbestuur by die staatsonderneming.

Hy sê Namwater besit tans meer as N$12,1 miljard se infrastruktuurbates wat oor die land versprei is. Die gehalte van die water wat dit aan burgers verskaf, is van so 'n aard dat mense van enige kraan kan drink, 'n groot prestasie wêreldwyd.

Die groot probleem is dat die infrastruktuur vinnig verouder. Die meeste van NamWater se infrastruktuur moet binne die volgende vyf tot tien jaar vervang word, sê hy. Boonop is 'n merkwaardige aantal NamWater-werknemers na aan of selfs ouer as die aftree-ouderdom van 60 jaar. Wat betref die lok van jonger werkers na die waterbedryf, sê Venter daar is 'n plan, maar dit word nie vinnig genoeg toegepas nie. Hy sou wou hê dat bestaande, waardevolle infrastruktuur beter onderhou word.

Hy sê met nawete en in die lig van die groot skuldlas tans op die regering, moes die massiewe Neckartaldam-projek anders bestuur en uitgevoer gewees het.

“Die ware uitdaging is op lang termyn. Ek hoop die projek sal 'n bate vir Namibië wees en dat die leierskap die projek kan maak werk.”

Omdat NamWater ingevolge wetgewing slegs koste kan herwin, mag dit dalk nie vir die private sektor so aanloklik lyk nie. Tog is Venter van mening industriële verskaffing en ander dele van die netwerk kan vir private vennote geld genereer.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!