President eis ondersoeke
President eis ondersoeke

President eis ondersoeke

Die dossiere is steeds by die aanklaer-generaal, wat nog 'n besluit oor moontlike vervol­ging moet neem.
Drie ministers wie se ministe­ries by ondersoeke deur die Teenkorrupsiekommissie (ACC) betrek word, is nie van enige blaam kwytgeskeld nie.

Hul verklarings rakende bewerings oor hul onderskeie ministeries is deur president Hage Geingob versoek en nie deur die ACC nie.

In die lig hiervan kan die ministeries nie van alle blaam onthef word alvorens 'n volledige ondersoek na die bewerings teen hulle voltooi is nie.

Die ACC verwys in 'n verklaring onder meer na bewerings teen die ministerie van myne en energie en Namdia oor die evaluering, verkoop en aanstelling van 'n agent om diamante te verkoop.

Volgens die kommissie het hy die ondersoek in November 2016 ná aantygings in die media van stapel gestuur.

Tydens die ondersoek is die voormalige minister, mnr. Obeth Kandjoze, genader om inligting oor sekere vrae te verskaf.

Volgens dié verklaring het Kandjoze sy antwoorde op skrif aan die ACC verskaf, wat van ondersteunende dokumente vergesel was.

Die dossier in die ondersoek is tydelik agterweë afhangende be­wyse wat enigiemand betrek.

Met verwysing na verskeie bewerings van korrupsie teen die ministerie van werke en vervoer, sowel as die Namibiese Lughawensmaat­skappy (NAC) oor die toekenning van 'n tender, sê die ACC 'n uit­gebreide ondersoek is ingestel.

Volgens die verklaring is die dossiere met die afhandeling van die ondersoek aan die aanklaer-generaal vir 'n besluit oor die bewerings gestuur.

Die dossiere is steeds by die aanklaer-generaal, wat nog 'n besluit oor moontlike vervolging moet neem.

Die kommissie verwys voorts na bewerings van betaling aan vyf buite­landse regsverteenwoordigers in Brittanje wat deur die kantoor van die prokureur-generaal gekontrakteer is.

“Die ACC het 'n dossier geopen in die hoop dat ons in die loop van die voorlopige ondersoek mense – veral dié wat daaroor gepraat het – sal kry om verklarings af te lê wat sal help om 'n besluit te neem om die bewerings te ondersoek,” lui die verklaring.

“Die staatsamptenare wat die ACC vir moontlike ­verduidelikings genader het, kon nie inligting ter ondersteuning van die media­berigte en openbare kommer verskaf nie.”

Volgens die verklaring het die ACC inligting ontvang dat die geld aan die regslui betaal is ná die ­kabinetskomitee vir algehele prioriteite en beleidsrigtings (CCOPP) die tesourie opdrag gegee het om die betaling ná 'n besluit van die aanklaer-generaal te doen.

Die dossier is steeds oop vir 'n besluit om die bewerings te ­ondersoek met dien verstande dat bewyse verskaf word wat enig­iemand by 'n strafregtelike oortreding sou betrek.

“Niemand het tot dusver na vore gekom om 'n verklaring hieroor aan die ACC te verskaf nie.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!