'President van Kenia' verkul maatskappy
Reuters – Sewe mans het Woensdag in die hof in Nairobi, Kenia, verskyn nadat hulle ’n sakeleier oortuig het dat hulle die president van Kenia is en ’n bedrag gelyk aan sowat R1,4 miljoen van hom gesteel het.
Die mans het na bewering vir Naushad Merali, hoof van die bandemaatskappy Sameer Africa, en Akif Butt, die maatskappy se finansiële hoof, gebel en voorgegee hulle is pres. Uhuru Kenyatta en dat hulle grond aan Sameer Africa wil verkoop.
Die sewe beskuldigdes het skuld ontken en is op borgtog vrygelaat. Die verhoor word op 12 Maart voortgesit.
Een van die verdagtes het glo Kenyatta se stem oor die telefoon nagemaak en die ander het deftig aangetrek in duur voertuie opgedaag om die geld te kry, beweer die polisie.
“Merali het die finansiële direkteur toestemming gegee om die geld te betaal, want hy was oortuig hy het met die staatshoof gepraat,” lui die klagstaat.
The Star berig Joseph Waswa, wat glo Kenyatta se stem nageboots het, is bekend vir sy gebruik van luukse motors, helikopters en lyfwagte.
Hoewel die hofsaak vermaaklik is, wys dit ook die omvang van korrupsie in Kenia, sê John Githongo, ’n kampvegter teen korrupsie.
“Afpersing is so alledaags dat Merali dadelik aanvaar het dat dit die president is wat gebel het,” het Githongo aan Reuters gesê.
Kenyatta se regering is al herhaaldelik gekritiseer weens korrupsieskandale in die gesondheidsektor, die nasionale jeugdiens en by konstruksiekontrakte.
Dosyne senior amptenare en sakelui is in Mei verlede jaar aangekla weens verskeie misdade wat verband hou met die diefstal van sowat R1,4 miljard van die nasionale jeugdiens, ’n staatsagentskap.
Die polisie het vandeesweek bevestig dat die bedrieglike konstruksie van twee damme van sowat R8,8 miljard ondersoek word. Geld is na bewering reeds betaal terwyl die damme nog nie gebou is nie. – Reuters/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie