Priesters tronk toe oor seksdade
Priesters tronk toe oor seksdade

Priesters tronk toe oor seksdade

Twee Rooms-Katolieke priesters is in ’n hof in die westelike stad Mendoza in Argentinië elk meer as 40 jaar tronkstraf opgelê weens seksuele mishandeling, wat die verkragting van dowe kinders insluit.

Priester Horacio Corbacho van Argentinië is 45 jaar tronk toe gestuur, terwyl Nicola Corradi, ’n Italianer, 42 jaar tronkstraf gekry het weens die misbruik van sowat 20 kinders by die Provolo-instituut vir dowe en gehoorgestremde kinders tussen 2014 en 2016.

Die hofsaak, een van verskeie waarby die skool betrokke is en wat nog moet begin, het skokgolwe deur die Katolieke Kerk in pous Franciscus se tuisland gestuur.

Die hof het gesê by vonnisoplegging is verswarende omstandighede in ag geneem dat die priesters verantwoordelik was vir die kinders se welsyn en dat die slagoffers minderjariges in ’n skoolkoshuis was. Die slagoffers was kinders en tieners tussen vier en 17 jaar oud. Die skool se tuinier, Armando Gomez, is weens seksuele mishandeling 18 jaar tronkstraf opgelê. Nie een van die drie beskuldigdes het enige reaksie getoon toe hul vonnisse uitgelees is nie. Corradi, die oudste, is met ’n rolstoel in die hof in gestoot.

Buite die hof het ’n groep jong mense op die uitspraak gewag en baniere opgehou wat sê “Ondersteun die oorlewendes van Provolo”.

Sommige het uitgebars van blydskap toe hulle die vonnis hoor. Sommige van die slagoffers se ma’s het mekaar net omhels en gehuil. Corbacho (59) en die 83-jarige Corradi is sedert hul inhegtenisneming drie jaar gelede in voorkomende aanhouding gehou op aanklagte van seksuele mishandeling van kinders by die skool. Benewens die tuinier is verskeie ander personeellede by die skool ook in hegtenis geneem nadat bewerings van mishandeling die eerste keer in 2016 gemaak is en die instituut, wat 1 000 km wes van Buenos Aires is, gesluit is.

Dit het ’n 42-jarige Japanse non, Kosaka Koemiko, ingesluit, wat later in hegtenis geneem is nadat sy haar aan die owerhede oorgegee het. Sy is aangekla van medepligtigheid met die twee priesters.

Die verhoor het op 5 Augustus begin en die getuienis van 13 kinders van die instituut is agter toe deure aangehoor.

In ’n kitsverhoor verlede jaar is ’n voormalige altaarknaap, Jorge Bordon (50), 10 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig gepleit het aan die seksuele misbruik van vyf kinders.

Die hof het een van die aangeklaagdes as verstandelik ontoerekenbaar beskou omdat hy gestremd is en self as kind gemolesteer is.

14 van die aangeklaagdes staan ook in twee ander afsonderlike sake tereg waarby die skool betrek word. – News24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!