Private hospitale ent steeds in
Landswye opleiding skop vandag af vir private hospitale wat as immuniseringspunte geoormerk is.
Henriette Lamprecht – Private hospitale geoormerk as immuniseringspunte as deel van Namibië se nasionale uitrolplan, is steeds deel van die veldtog.
Die private hospitale sluit in Windhoek die Lady Pohamba Private Hospitaal en Rhino Park en aan die kus die Cottage en Welwitschia-private hospitale op onderskeidelik Swakopmund en Walvisbaai in.
Die betrokke hospitale sal nie entstowwe toedien wat nie deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) op sy lys vir noodgebruik (EUL) geplaas is nie. Dit sluit Sinopharm in waarvan 100 000 dosisse van China ontvang is en wat tans deel van Namibië se immuniseringsplan vorm.
Covishield (AstraZeneca), wat deur die Serum Instituut van Indië geskenk is, is wel op die WHO se noodlys.
Die hoof van die Covid-19-nasionale immuniserings- en ontplooiingsveldtog, me. Petronella Masabana, het bevestig private instellings verkies WHO EUL-entstowwe.
Volgens haar begin opleiding vir die dosering vir private instellings vandag en môre landswyd. Dié opleiding sou aanvanklik Dinsdag en gister plaasgevind het.
“Hulle is steeds deel van die geoormerkte immuniseringspunte en sal teen volgende week met die Covishield-entstof begin,” het Masabane by navraag gesê.
Vir dié entstowwe word prioriteit gegee aan persone ouer as 59 jaar en dié met onderliggende mediese toestande.
Intussen het me. Hannelie Botha, Lady Pohamba Private Hospitaal se hoofbestuurder, gesê die hospitaal het nie in beginsel iets teen die beskikbare entstowwe of immuniseringsprogram nie, maar verkies gelisensieerde, goedgekeurde entstowwe.
“Al kry jy toestemming by die persoon vir wie jy inent, weet jy steeds dit is een wat nie gelisensieer of goedgekeur is nie. Dit gaan oor die beginsel,” het sy gesê.
Sy het beklemtoon “ons is egter 100% agter die veldtog en wil hê ons mense moet veilig bly. Dit is alles deel om ons gesond te hou,” het Botha gesê. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie