Proewe vir skoleweke die beginpunt vir 2019
Skolerugby
Andrew Poolman - Alle oë is môre en Woensdag op die ambisieuse jong rugbyspelers wat hoop om vanjaar die Namibiese o.16- en o.18-skolerugbyspanne te haal.
Proewe word op die twee dae by die Hage Geingob-stadion aangebied, waaraan spanne uit elke streek van die land deelneem.
Nog twee vyftientalle, die Sollie Duiker- en Hage Geingob-spanne onderskeidelik vir o.16's en o.18's, word vandag ná afsonderlike proewe vanaf 10:00 saamgestel uit spelers wat in hul onderskeie streekspanne oor die hoof gesien is.
Die Namibiese o.16's is soos tradisioneel ingedeel om aan die Grant Khomo-week te gaan deelneem, wat vanjaar op Witrivier in Mpumalanga aangebied word (24 -28 Junie).
Die SA onder 18 Akademieweek word van 17 tot 20 Junie by Grey Kollege in Bloemfontein gehou.
Die program vir môre se proefwedstryde is soos volg:
08:00 Khomas teen //Kharas (o.16)
08:30 Khomas teen //Kharas (o.18)
09:00 Noorde teen Erongo (o.16)
09:30 Noorde teen Erongo (o.18)
10:00 Sollie Duiker XV teen Hardap (o.16)
10:30 Hage Geingob XV teen Hardap (o.18)
11:00 Khomas teen Sollie Duiker XV (o.16)
11:30 Khomas teen Hage Geingob XV (o.18)
12:00 Hardap teen Noorde (o.16)
12:30 Hardap teen Noorde (o.18)
13:00 Erongo teen //Kharas (o.16)
13:30 Erongo teen //Kharas (o.18)
14:00 Khomas teen Hardap (o.16)
14:30 Khomas teen Hardap (o.18)
15:00 Erongo teen Sollie Duiker XV (o.16)
15:30 Erongo teen Hage Geingob XV (o.18)
16:00 //Kharas teen Noorde (o.16)
16:30 //Kharas teen Noorde (o.18)
Woensdag word die proewe vanaf 08:00 tot 13:30 voortgesit.
Die streekspan wat die o.16-proewe wen, word met die Jacques Burger-trofee vereer, terwyl die beste streekspan by die o.18-proewe die Hermann Rust Junior-trofee inpalm. Die huidige trofeehouers is onderskeidelik Khomas o.16 en Noorde o.18.
Woensdag om 14:00 oorhandig Momentum amptelik sy jaarlikse borgskap vir die landwye nasionale hoërskoleligas, terwyl die o.16 en o.18 nasionale oefengroep met die oog op volgende maand se provinsiale toernooie in Suid-Afrika ook aangekondig sal word.
Die uitgesoekte oefengroep sal reeds Donderdag en Vrydag aan vaardigheid- en kondisioneringstoetse onderwerp word. Die aankondiging van die finale toerspanne word Saterdag omstreeks 12:00 gedoen, ná afloop van verdere groepaktiwiteite vroeër die oggend.
• Nog 'n opwindende vooruitsig vir die land se topspelers is die mini-reeks van twee “toetswedstryde” op Walvisbaai tussen die o.18-spanne van Namibië en die besoekende Georgië, wat later vanjaar beplan word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie