Projek Brukkaros gee gemeenskap hoop
Keetmanshoop se munisipaliteit en die Development Workshop Namibia beoog om die informele nedersetting Gereres uit te brei.
Elizabeth Joseph op Keetmanshoop – Die munisipaliteit op Keetmanshoop het bevestig die informele nedersetting Gereres sal gedurende die volgende twee jaar uitgebrei en hernoem word.
Volgens die munisipaliteit se ekonomiese ontwikkelingsbeampte, mnr. Jegg Christiaan, sal Gereres se naam na Tseiblaagte uitbreiding 7 verander word.
Die raad in samewerking met Development Workshop Namibia (DWN) fokus op die laekoste beskikbaarstelling van grond om 320 erwe reg agter Gereres te bedien.
INWONERS KRY VOORKEUR
Volgens Christiaan is daar tans sowat 300 huise in die nedersetting met tussen 3 000 en 4 000 inwoners.
"Ons skep nog 'n nedersetting agter Gereres. Die nuwe nedersetting gaan Brukkaros genoem word en sal 320 residensiële erwe insluit. Die inwoners van Gereres sal voorkeur kry om dié erwe te koop,” het Christiaan gesê.
Die stadsbeplanning sal gesamentlik deur DWN en die munisipaliteit gedoen word.
Christiaan meen inwoners sal hierdie erwe binne 12 maande kan afbetaal.
Die geskatte waarde per erf sal net onder N$32 000 beloop, en sal water- en riooldienste insluit, asook die regskoste verbonde aan die koop van grond. Die minimum grootte per erf is 300 m2.
VERLIGTING VAN OORBEVOLKING
Inwoners van die omgewing het voorheen kommer oor hul gesondheid en veiligheid uitgespreek omdat die nedersetting oorbevolk is.
Die meerderheid inwoners het nie toegang tot skoon water of toiletgeriewe nie.
Volgens 'n bron wat vir meer as ses jaar in Gereres bly en verkies om anoniem te bly, was dit nog altyd 'n stryd om daar te woon.
Alhoewel die samehorigheid in die gemeenskap gegroei het, wil sy graag meer ruimte vir haar en haar gesin hê.
“Ek dink dit is 'n geleentheid vir sommige mense, want nou hoef ons nie meer so naby mekaar te bly nie. Ons kan uiteindelik die privaatheid hê wat ons almal verdien,” het sy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie