Prosperity Health ondersteun die jeug deur die #Festival
Prosperity Health ondersteun die jeug deur die #Festival

Prosperity Health ondersteun die jeug deur die #Festival

Dani Booysen
Die #Festival gaan 'n jaarlikse instelling op die Namibiese jeugkalender word.

Die fees se loopbaanskou is 'n slim, eenstopplek waar ouers, skoliere en ander belangstellendes inligting oor opleiding en beroepsmoontlikhede kan insamel. Die #Festival gaan dus beslis nie net oor sport nie.

Hierdie denkwyse vind aanklank by Prosperity Health, wat oortuig is die beste uitslae is altyd die gevolg van krea­tiewe, onortodokse denke.

Prosperity Health borg die Oshana Patriots. Die Oshana Patriots bestaan uit skoliere van die Gekombineerde Skool Erundu in Oshakati, Senior Sekondêre Skool Gabriel Taapopi, Junior Sekondêre Skool Ekwafo, Senior Sekondêre Skool Mweshipandeka (al drie van Ongwediva) en Sekondêre Skool Noordgrens van Rundu.

Erundu koördineer hierdie “franchise” en mnr. Festus Kandjala is die bestuurder.

Die loopbaanskou vind op Donderdag 7 September en Vrydag 8 September 2017 by die Sport Klub Windhoek (SKW) in die hoofstad plaas. Talle ondernemings en universiteite gaan daar wees. Kom hoor eerstehands wat die toekoms alles vir jou kan inhou.

Op Saterdag 9 September gaan die nege deelnemende “franchises” in talle sport meeding wat spesiaal aangepas is om die meeste moontlike pret te verseker. Op die program is Super 7's-rugby, Fast 5-netbal, Quick 5-sokker, High 5-hokkie, Beach 4-vlugbal, Cheerleader Dance-offs, 'n 40 meter-wedloop op gras en tennis.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!