QSB-kamp tweede keer by Affies gehou
QSB-kamp tweede keer by Affies gehou

QSB-kamp tweede keer by Affies gehou

Atletiek
Andrew Poolman
Andrew Poolman



Namibië se onbetwiste sportafrigter van die jaar vir 2021, Henk Botha, is een van verskeie instrukteurs wat behoort te verseker dat die QSB oefenkamp en afrigtingskliniek vanaf vandag tot Saterdag aan sy gebruiklike hoë standaard sal voldoen.

Registrasie vir atlete en afrigters op klub- en skolevlak open vandag om 12:00 en sal tot die einde van vandag oop bly. Die openingseremonie van die 29ste jaarlikse weergawe van die QSB-kamp is vir 14:30 bestem.

Marathon Sugar is die hoofborg.

“Die Onafhanklikheidstadion is nie in 'n geskikte toestand nie en soos verlede jaar bied ons die kamp by Windhoek Affies se sportveld in Pionierspark aan,” sê die jarelange hooforganiseerder, me. Leoni van Rensburg.

“Ons almal is in die wolke oor Christine Mboma en Beatrice Masilingi se rekords en prestasies verlede jaar waar beide die Olimpiese 200-finaal in Tokio gehaal het. Beide sal ook die week se kamp bywoon, met Beatrice wat die laerskoolkinders sal help hanteer saam met Karen Swanepoel.

“Op plaaslike vlak was die afgelope twee jaar baie moeilik met net die minimum byeenkomste wat moontlik was. Hierdie week se oefenkamp is die ideale geleentheid om kinders en volwasse atlete weer behoorlik op koers te kry.”

Botha, die afrigter van Mboma en Masilingi, sal beheer van die naellope en worpe neem, terwyl Roger Haitengi (verspring en driesprong), Jonathan Greyvenstein (hoogspring) en Charley Strohmenger uit Suid-Afrika kom aansluit het om hul spesialisvernuf te kom deel.

Jasper Engelbrecht (spiesgooi), Fred-Charles Pieterse (hekkies), Gottfried Tsowaseb (langafstande), Ryan Williams en Izaan van Schalkwyk (worpe) is nog van die plaaslike afrigters.

Registrasie beloop N$450 vir kinders tot laerskoolouderdom, of N$550 vir elite atlete.



KWALIFIKASIE

'n Unieke geleentheid is dat afrigters vir die eerste keer kan registreer om 'n nasionale vlak 1-afrigtersertifikaat te verwerf.

“Die nasionale sertifikaat word oor vyf dae behaal en kan die weg baan sodat hulle later Wêreldatletiek se internasionale vlak 1-kursus oor 14 dae kan aanpak,” sê Van Rensburg.

In die vyf dae word teorie en prakties voor hul eksamen gedek. Charley Strohmenger (RSA) is die hoofinstrukteur. Beperkte plek vir die kursus is nog oop teen N$800.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!