R. Kelly kom kuier nie meer
Augetto Graig – Namibiese musiekliefhebbers is gister deur die skoknuus getref dat die wêreldberoemde Amerikaanse musikant R. Kelly nie meer Vrydag by die jaarlikse Windhoek Draught-musiekfees sal optree nie.
Die hele konsert is tot verdere kennisgewing afgestel.
In ''n nuusvrystelling het die organiseerders, NamConcerts, bloot gesê R. Kelly se bestuur ondervind "interne uitdagings".
Die plaaslike musiekpromotor wat die geleentheid saam met NamConcerts gereël het, mnr. Suleiman Kyababa, het die inhoud van die nuusvrystelling bevestig. Hiervolgens duur onderhandelinge met R. Kelly se bestuur voort en sal meer inligting later bekend gemaak word.
Verkope van kaartjies vir die konsert, wat by die Hage Geingob-stadion sou plaasvind, is onmiddellik gestaak. Volgens Kyababa is dit nog onseker hoeveel kaartjies reeds verkoop is omdat data vir alle verspreidingspunte nie beskikbaar is nie.
Hy het gesê hopelik word die konsert net uitgestel. Persone wat reeds kaartjies gekoop word, sal teen Donderdag ingelig word hoe hulle hul geld kan terugeis.
NamConcerts teken in die nuusvrystelling verskoning aan by die konsert se hoofborge, Windhoek Draught en Standard Bank.
Die woordvoerder van die Ohlthaver & List -groep, me. Roux-Che Locke, wou geen kommentaar lewer nie.
Benewens die borge en aanhangers is ook Namibiese musikante wat op dieselfde verhoog as R. Kelly sou optree, uiters ongelukkig.
“Ek weet nie wat om te sê nie,” was Gazza (Lazarus Shiimi) se reaksie. “Dit kom as bietjie van ''n skok. Ek oefen die afgelope tyd so hard aan my vertoning vir die naweek."
Vir PDK (Patrick Mwashindange) is die nuus bitter. “Ons het so daarna uitgesien. Dit sou vir ons ''n voorreg gewees het om saam met R. Kelly op te tree. Ek is so teleurgesteld en hartseer,” het hy gesê.
Terwyl op die ware feite gewag word, is daar verskeie teorieë hoekom R. Kelly nie meer kom kuier nie. Een mening is dat die ster gaan toer met sy nuwe versameling liedjies, 12 Nights of Christmas, wat op 21 Oktober vrygestel is en nie bereid is om ou treffers in Windhoek te kom sing nie.
Of dit die rede is, maak geen verskil nie. Namibië is volgens alle indrukke nie op R. Kelly se lysie vir Kersgeskenke nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie