Raadslede praat oor Covid
Raadslede praat oor Covid

Raadslede praat oor Covid

Die direkteur van gesondheid vir die ||Karasstreek, me. Sandra Owases, sê hoewel die regering nie mense kan dwing om ingeënt te word nie, het elkeen 'n verantwoordelikheid om seker te maak dat hulle gesond bly.
Sanet de Waal
Elizabeth Joseph op Keetmanshoop



Lede van Keetmanshoop se dorpsraad is uitgesproke oor hul inentingstatus en hul verwagtinge dat nie baie mense in die streek ingeënt sal word nie.

Die dorp se burgemeester, me. Maree Smit, het in 'n onlangse onderhoud gesê sy is van mening dat inenting teen Covid-19 belangrik is omdat dit tot kudde-immuniteit bydra.

“Europese lande is 'n voorbeeld van hoe 'n hoë inentingsyfer 'n afname in die infeksiekoers tot gevolg gehad het.

“Ek is weens mediese redes nog nie ingeënt nie, maar ek hoop om later in die jaar dit te neem,” het sy gesê.

Me. Aletha Frederick, ||Kharas se goewerneur, het 'n inentingsveldtog van stapel gestuur om die gemeenskap in te lig oor die belangrikheid om al twee spuite te kry.

Sy het benadruk elke persoon het die verantwoordelikheid om ingeënt te word.

Volgens die direkteur van gesondheid in die ||Karasstreek, me. Sandra Owases, het die totale inentingsyfers sedertdien toegeneem.

Verskeie gesondheidspraktisyns op Keetmanshoop het die toename in inentingsyfers bevestig, maar sê dit is nie 'n aansienlike toename nie.

Volgens 'n gesondheidswerker, mnr. John Eiman, is mense huiwerig om ingeënt te word, maar baie mense toets steeds hulself vir die virus.

'n Streekraadslid, mnr. Gert Witbooi, het ook gesê hy is nog nie ingeënt nie.

“Ek het as gevolg van die ­verwarrende inligting wat in die sosiale media versprei word, besluit om nog nie die inenting te kry nie.”

Hy het verder voorgestel die gesondheidsdirekteur moet mense van die tweede verdieping in die hospitaal, na die TB-saal skuif om hul beter te versorg.

“Die regering moet ook eerlik met mense wees, veral op die platteland, oor die inentingsyfers,” het hy gesê.

“Almal weet die inenting is nie 100% effektief nie, maar ek moedig almal aan om ingeënt te word. Ek het al twee dosisse gekry en het geen newe-effekte ervaar nie. Ek glo ook nie dit is die ­regering se verantwoordelikheid om iemand te dwing om ingeënt te word nie. Dit is elke persoon se verantwoordelikheid om seker te maak dat hulle gesond bly.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!