'Ramaphosa moet betaling van Zuma se regskoste stop'
Die president sal glo staatskaping en Jacob Zuma se hofsake met hom bespreek.
Pres. Cyril Ramaphosa moet sy vergadering met oudpres. Jacob Zuma gebruik om onmiddellik die “onwettige” ooreenkoms te kanselleer wat belastingbetalers dwing om sy regskoste van miljoene rande te betaal, eis die DA.
Zizi Kodwa, waarnemende ANC-woordvoerder, het Sondag bevestig Ramaphosa gaan vandeesweek in aanloop tot die viering van die ANC se 107de bestaansjaar met Zuma praat.
Kodwa wou nie uitwei oor wat bespreek sal word nie.
Die Sunday Times het Sondag berig Ramaphosa sal onder meer sy kommer uitspreek oor Zuma se onlangse openbare uitlatings, onder meer oor die nasionalisering van grond, wat teenstrydig met ANC-beleid is. Ramaphosa sal volgens die berig ook staatskaping en Zuma se hofsake met hom bespreek.
Mmusi Maimane, DA-leier, het Maandag gesê Suid-Afrikaners is die afgelope tien jaar gedwing om Zuma se regskoste te betaal in sy pogings om uit die tronk te bly op aanklagte van korrupsie, bedrog en afpersing.
Hy meen die beplande vergadering met Zuma is die perfekte oomblik om die presidensie se ooreenkoms met Zuma om sy regskoste te betaal, te kanselleer.
“Ek het aan pres. Ramaphosa geskryf en hom namens die land versoek om die regte ding te doen en die ooreenkoms onmiddellik te kanselleer en Zuma op die vergadering daaroor in te lig.”
Ramaphosa moet sy dubbelpratery oor korrupsie stop. “Hy kan nie korrupsie in sy party en administrasie bestry en terselfdertyd aanhou om belastingbetalersgeld te gebruik om Zuma se plan om aanspreeklikheid te ontduik, te finansier nie.”
Die kansellering van die ooreenkoms sal volgens Maimane ’n skoon breuk vir die land se skadelike en frustrerende verlede verteenwoordig.
“Dit sal ’n duidelike boodskap aan die land stuur dat belastingbetalersgeld nie langer vir persoonlike redes misbruik sal word nie en dat alle Suid-Afrikaners voortaan gelyk voor die reg sal wees.”
Hy meen Zuma se voorgenome appèl teen die hooggeregshof se bevel dat die staat nie sy regskoste mag betaal nie, maak dit dringend dat hierdie ooreenkoms tussen Zuma en die presidensie gekanselleer word voordat Zuma nog staatsgeld vermors om sy manewales te finansier.
Maimane sê die regering het onder meer BTW en die prys van brandstof verhoog wat die armste mense in die land raak.
“Dit is baie onregverdig om te verwag dat reeds sukkelende Suid-Afrikaners Zuma se pogings om aanspreeklikheid te ontduik, moet finansier.” - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie