Rand begin week bestendig
Rand begin week bestendig

Rand begin week bestendig

Elvira Wood



Die rand handhaaf steeds die pas en verhandel onder die R14-vlak teenoor die dollar.

Die geldeenheid het vroeg gister­oggend teen R13,90 teenoor die dollar verhandel.

Dit was 2c swakker as die R13,88 waarteen hy die week begin verhandel het.

Reuters berig die dollar het vroeg­oggend teen die meeste ­geldeenhede verstewig. Die nuusdiens voorspel egter die verwagting dat die Federale Reserweraad (Fed) vanjaar nie die rentekoers in Amerika gaan verhoog nie, gaan waarskynlik keer dat die geldeenheid groot spronge gaan maak.

“Beleggers dink kommer dat groei in die Amerikaanse en wêreldekonomie gaan verlangsaam, asook inflasie in Amerika wat nie regtig styg nie, beleidmakers by die Fed huiwerig sal maak om rentekoerse in 2019 te verhoog,” berig Reuters.

Die rand het vroeg gisteroggend teen R17,85 teenoor die Britse pond en R15,95 teenoor die euro verhandel.



Met hulpbronne staan sake soos volg:

• Goud: US$1 291,06 per fynons.

• Platinum: US$808 per ons.

• Olie: US$59,90 per vat.

Digitale geld

• Bitcoin: US$3 525,26

• Ethereum: US$117,27

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!