Rand byt vas voor nuus uit VSA
Rand byt vas voor nuus uit VSA

Rand byt vas voor nuus uit VSA

Ekonome verwag die Federale Reserweraad kan rentekoerse op 31 Julie met tot 50 basispunte verlaag.
Elvira Wood - Die rand bly onder die R14-vlak en het vroeg Dinsdagoggend teen R13,90 teenoor die dollar verhandel.

Dit is in afwagting oor nuus vanuit die VSA wat betref rentekoerse.

Reuters berig ekonome verwag die Federale Reserweraad (Fed) kan rentekoerse op 31 Julie met tot 50 basispunte verlaag.

Dit kan ’n groot invloed op die waarde van die dollar en ander geldeenhede hê.

John Cairns, strateeg by RMB Global Markets, waarsku dat dit die rand beduidend kan benadeel.

Hy sê as die geskiedenis ’n aanduiding is van wat in die toekoms kan gebeur, kan die rand oor die volgende jaar tot sowat R20 teenoor die dollar verswak, sou die Fed besluit om rentekoerse drasties te verlaag.

Reuters berig die dollar het reeds Maandag effens teenoor ’n mandjie geldeenhede begin verstewig juis weens die verwagting dat rentekoerse verlaag gaan word.

Onsekerheid oor die situasie in die Midde-Ooste, het egter ook tot ’n sterker dollar gelei.

Die dollar word tans as veilige beleggingshawe gebruik.

Die rand het vroeg Dinsdagoggend teen R17,32 teenoor die Britse pond en R15,57 teenoor die euro verhandel.

Met hulpbronne staan sake soos volg:

· Goud: US$1 418,10 per fynons

· Platinum: US$845 per ons

· Olie: US$63,35 per vat

Digitale geld

· Bitcoin: US$10 231,76/R153 184

· Ethereum: US$216,51/R3 236

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!