u2018Rand gaan nie diu00e9 feestyd partytjie houu2019
u2018Rand gaan nie diu00e9 feestyd partytjie houu2019

‘Rand gaan nie dié feestyd partytjie hou’

’n Verwagte seisoenale dollar-likiditeitskrisis beteken dat die rand waarskynlik nie ’n baie feestelike feestyd gaan hê nie.

Mehul Daya en Walter de Wet van Nedbank waarsku dat groot Europese en Japanse banke wat aan die einde van die jaar dollars koop gaan waarskynlik saam met die Federale Reserweraad se strenger monetêre beleid die aanvraag na dollars verhoog.

Dit sal weer druk op die rand plaas.

“Globale dollar-likiditeitstekorte – struktureel en seisoenaal – bly ’n groot risikofaktor wat betref die vooruitsigte vir die rand,” sê hulle.

Daya en De Wet het in Junie reeds voorspel dat die rand deur die R14-vlak teenoor die dollar kan breek.

Die rand het vroeg gisteroggend teen R14,40 teenoor die dollar verhandel.

Die twee voorspel dat die rand-dollar-wisselkoers die res van die jaar baie wisselvallig sal wees.

WISSELVALLIG

Hulle verwag die rand kan op kort termyn tot R14,50 verswak.

Die rand het vanjaar reeds 14% van sy waarde teenoor die dollar verloor.

Hy het swakker as die Argentynse peso, die Turkse lira en die Russiese roebel presteer.

Nedbank se vooruitsig is in ooreenstemming met dié van die Reserwebank wat verlede week in sy halfjaarlikse finansiële stabiliteitsoorsig ook gesê het daar is ’n groot moontlikheid dat die wisselkoers op mediumtermyn weens dié redes wisselvallig kan wees.

Suid-Afrika se geldeenheid is veral kwesbaar wanneer beleggers uit opkomende markte hulle onttrek.

Renaissance Capital sê daaglikse verhandeling in die rand is gelykstaande aan sowat 18% van die land se bruto binnelandse produk.

Dit maak dit die mees likiede geldeenheid in die wêreld wat dit weer maklik maak vir handelaars om daarop te wed en dan weer daarvan ontslae te raak. – Netwerk24/Bloomberg, verwerk

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!