Rand het nou ál sy Ramaforie verloor
Die slagting onder ontluikende geldeenhede duur voort weens die spanning tussen die VSA en China oor handelsbeleid.
Volgens Isaah Mhlanga van RMB was die rand Woensdag die grootste verloorder, met 'n verlies van 2,31% teenoor die dollar, hoewel die Turkse lire en Argentynse peso ook baie veld verloor het.
Die verlies het Donderdag voortgeduur en die rand het vir die tweede opeenvolgende dag tot baie naby R14 per dollar gekom, met 'n laagtepunt van R13,9974 deur die loop van die oggend.
Dit kon namiddag nie veel veld wen nie en 'n dollar was teen 14:30 R13,87 werd.
Dit kom nadat pres. Donald Trump se ekonomiese adviseur, Larry Kudlow, gesê het die VSA gaan beslis nie terugtree in die stryd oor invoertariewe nie. Dis ondanks die toegewing dat beleggings deur tegnologiefirmas in Amerikaanse maatskappye dalk nie meer gestuit gaan word nie.
Die rand verhandel nou op die swakste vlak sedert November 2017, toe plaaslike politiek die geldeenheid onder kwaai druk geplaas het.
“Dit het die randlopie heeltemal omgekeer wat gesien is toe Cyril Ramaphosa president van Suid-Afrika geword het,” sê Jameel Ahmad van die valutahandelaar FXTM.
Ahmad sê die rand is op koers om die tweede kwartaal 15% laer teenoor die dollar afsluit, en sy verlies is al 10% vir die jaar tot dusver. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie