Rand, JSE het geen kafeïen
Die kredietgradering van Standard & Poor''s môreaand kan ook ''n invloed op die Suid-Afrikaanse geldeenheid hê.
Hanlie Stadler
Sowel die rand as die JSE het gisteroggend futloos begin nadat markrolspelers teleurgesteld was dat pres. Jacob Zuma staande gebly het ná ''n uitmergelende drie dae lange vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee.
Die geldeenheid se beste vlak vroegoggend was R13,86 teenoor die Amerikaanse dollar, maar teen 15:00 het dit op R13,99 gestaan.
Die geldeenheid se sluiting Dinsdag in New York van R13,91 was die swakste in drie dae nadat die rand die optimisme ná die kredietgradeerders Fitch Ratings en Moody''s Investors Service se Vrydagaandaankondigings afgeskud het.
Die JSE het teen 09:30 nog net 0,01% sterker op 5 0162,92 punte gestaan. Teen 15:00 het dit op 50341,2 punte gestaan.
Suid-Afrikaanse markte het oopgemaak nadat Chinese aandeelpryse op koers was vir die grootste val in meer as ''n maand. Bloomberg berig dat ontleders reken aandeelpryse is “oorverhit” en kan dalk verder daal.
Sam Chi Yung van South China Financial Holdings in Hongkong sê die volume verhandeling op die Chinese aandelebeurse wys dat mense in aandele bespiegel omdat die regering bespiegeling in die eiendomsmark probeer temper.
Die gevoel is dat die sterker Amerikaanse ekonomie en beter verbruikersvertroue, wat albei Dinsdag bekend gemaak is, die fokus van markte nou sal laat swaai na die Federale Reserweraad.
Die Amerikaanse ekonomie groei vinniger as wat voorheen verwag is, wat die kans op ''n verhoging in die rentekoers in Desember in dié land nog meer waarskynlik maak.
Dit kan beteken dat die rand verswak, aangesien kapitaal waarskynlik uit ontluikende lande, insluitend Suid-Afrika, na die VSA sal vloei.
Die VSA se bruto binnelandse produk (BBP) het in die drie maande tot einde September met 3,2% op ''n jaargrondslag gegroei. Dit is die vinnigste groei in sowat twee jaar en meer as die aanvanklike raming van 2,9%.
Die syfer gaan waarskynlik die Amerikaanse Federale Reserweraad (Fed) se siening versterk om die rentekoers in Desember te verhoog te midde van inflasie wat nader beweeg aan die Fed se teiken.
Die skerp versnelling in die BBP sal enige vrese besweer dat die Amerikaanse ekonomie die risiko loop om te sukkel nadat groei in die eerste helfte van die jaar gemiddeld slegs 1,1% was.
Die beter as verwagte groei, saam met die arbeidsmark wat naby volle indiensneming is en inflasie wat opwaarts neig, kan die Fed gemaklik laat om rentekoerse ná sy volgende vergadering – op 13 en 14 Desember – op te stoot.
Die kredietgradering van Standard & Poor''s môreaand kan ook volgende week, ten goede of ten kwade, ''n invloed op die rand hê. – Netwerk24/Bloomberg/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie