Rand kruip nader aan R13 per dollar
Rand kruip nader aan R13 per dollar

Rand kruip nader aan R13 per dollar

Hanlie Stadler - Die Amerikaanse dollar het gistermiddag teen die meeste geldeenhede versterk en ook sy stempel teen die rand afgedruk.

Die rand het teen 14:30 reeds op R12,89 per dollar verhandel, met tekens dat hy R13 kan nader.

Die rand het die nuwe kind op die blok – hoër Amerikaanse rentekoerse – oornag geïgnoreer, maar teen gisteroggend gewys hy sien daar is nou minder plek in sy sandput.

Die rand het oornag tot selfs R12,59 versterk, maar teen 11:45 Suid-Afrikaanse tyd was hy by R12,85 en verder aan die verswak. Die rand het laas op 31 Mei in New York bo R13 per Amerikaanse dollar gesluit.

Volgens John Cairns, valutahandelaar van RMB, het die Federale Reserweraad (Fed) Woensdagaand alles gedoen wat van hom verwag is.

Die Fed het Amerikaanse rentekoers met 0,25 van 'n persentasiepunt verhoog.

Die Fed se besluit Woensdag is die derde koersverhoging sedert Desember 2016. Die opemarkkomitee het sy vooruitsig gehandhaaf dat hy die koers nog een keer in 2017 gaan verhoog. Die Fed het ook aangekondig dat hy vanjaar 'n program van “normalisasie van sy balansstaat” gaan instel. Dit beteken hy gaan van die enorme hoeveelheid effekte wat hy sedert die finansiële krisis van 2008 gekoop het, weer verkoop.

Die verkope sal na verwagting in September begin, na gelang van hoe die ekonomie vaar.

Cairns sê die mark verreken nou slegs 'n 45%-kans van nog 'n rentekoersverhoging vanjaar, hoofsaaklik omdat inflasie hardnekkig laag bly.

Hy sê die oornagversterking van die rand kan hom dalk afdruk tot die volgende weerstandsvlak, op R12,31.



Pessimisties

Droewige plaaslike inligting – soos die swak sakevertroue – kan die rand egter onder druk plaas. RMB is besonder pessimisties en reken dis glad nie ondenkbaar dat die ekonomie die hele 2017 gaan inkrimp nie.

André Botha, verhandelaar by Treasu­ryOne, sê die rand se krag spruit daaruit dat ontluikende lande die “geur van die maand” is. Die rand kan dalk op kort tot mediumtermyn aanhou versterk, maar dit gaan moeiliker wees.

Reezwana Sumad is onder die ontleders wat eintlik verstom is oor die rand se “veerkragtigheid” in weerwil van 'n “oorvloed faktore” wat hom eintlik onder druk moet hou.

Vandag is Jeugdag in Suid-Afrika en verhandeling gaan waarskynlik yl wees. Dit kan in die rand se guns tel. –Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!