Rand kry nie weer ‘Ramaforie’
’n Kenner het gesê die staatsrede is goed ontvang en teiken duidelik buitelandse beleggings om ekonomiese groei aan te vuur.
Nellie Brand-Jonker – Die rand het nie vanjaar weer die “Ramaforie” van verlede jaar gekry nie.
“Hoewel die sentiment sedert Cyril Ramaphosa se inhuldiging verlede jaar wesenlik verbeter het, het die rand nie weer die vorige ondervinding met ‘Ramaforie’ herhaal in aanloop tot die staatsrede nie,” het Bianca Botes, ’n valutamarkkenner van Peregrine Treasury Solutions, gesê.
Volgens haar het die rand Donderdag eerder verswak tot dit in ’n stadium R13,65 teen die dollar was.
“Maar toe Ramaphosa dieper begin delf het in die hart van die probleem soos die swak toestand van Eskom en wat die plan van aksie is, het die rand daarin geslaag om weer te versterk, wat gedurende die dag weer verloor is.”
Sy het gesê dit was ’n staatsrede wat goed ontvang is en hy teiken duidelik buitelandse beleggings om ekonomiese groei aan te vuur.
“Hoewel die rand deurgaans deur die week verswak het, is dit nie as gevolg van die staatsrede nie.”
Sy het dit toegeskryf aan die dollar wat van sy swak vlak verlede week weer versterk het en in die afgelope dae druk op die rand geplaas het.
“Die druk op die rand gaan toeneem, want daar is baie markwaarnemers wat ’n optimistiese vooruitsig vir die dollar het.”
“Vir nou het die fokus teruggeskuif na die dollar wat die rand gaan lei. Die invloed van plaaslike gebeure sal eers weer terugkeer wanneer die verkiesing nader kom.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie