Rand lu00ea en wag vir Fed
Rand lu00ea en wag vir Fed

Rand lê en wag vir Fed

Elvira Wood

Die dollar mag dalk effens teruggesak het, maar dit was steeds nie genoeg dat die rand deur die R14-vlak teenoor die Amerikaanse geldeenheid kon breek nie.

CNBC berig die dollar het vroeg Donderdagoggend wêreldwyd teenoor verskeie geldeenhede teruggesak.

Dit was in reaksie op opbrengste op Amerikaanse staatseffekte wat gedaal het.

Dié opbrengste het waarskynlik gedaal omdat beleggers verwag dat die Federale Reserweraad (Fed) op 31 Julie rentekoerse in die VSA gaan verlaag.

Annabel Bishop, hoofekonoom by Investec, het vroeër dié week gesê só ’n besluit is waarskynlik al wat gaan help om die rand eindelik weer onder die R14-vlak teenoor die dollar te druk.

Die rand verhandel sedert Vrydag naby aan die R14-vlak, maar kry dit nie reg om deur die vlak te breek nie.

Vroeg Donderdagoggend verhandel die rand teen R14,07 teenoor die dollar.

Die rand het vroeg Donderdagoggend teen R17,71 teenoor die Britse pond en R15,88 teenoor die euro verhandel.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!