Rand op sterkste vlak in 'n maand
Hanlie Stadler - Effens groter optimisme oor die wêreldekonomie het sedert Vrydag die rand laat versterk en dit het gisteroggend selfs R13,91 teenoor die dollar gehaal.
Uit Amerika is goeie nuus oor werkskepping Vrydag oorskadu deur Jerome Powell, voorsitter van die Federale Reserweraad, se opmerking dat monetêre beleid buigsaam sal bly. Dié suggestie dat Amerikaanse rentekoerse nie vanjaar skerp gaan styg nie, het die dollar onder druk geplaas, sê André Botha, senior valutahandelaar by TreasuryOne.
Dit het die rand in New York op R13,97 laat sluit, die sterkste vlak in byna ’n maand.
“Dié nuwe asem van risiko-aan-sentiment het ontluikende lande se geldeenhede ’n broodnodige inspuiting in die arm gegee nadat hulle die afgelope paar weke op die agtervoet was.”
Amerikaanse en Chinese amptenare het gister in Beijing met onderhandelinge begin oor invoertariewe tussen die twee lande. Die uiteinde van dié gesprekke sal die rand ook roer, ten goede of ten kwade. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie