Rand sak terug, olie klim steeds
Rand sak terug, olie klim steeds

Rand sak terug, olie klim steeds

Die olieprys styg steeds aangesien Opul 'n week gelede besluit het om produksie nie te verhoog nie.
Elvira Wood



Die dag wat Suid-Afrikaners gehoor het hulle nou meer as R17 per liter vir petrol gaan moet betaal, het die rand wéér teruggesak en die olieprys selfs nóg verder gestyg.

Die dollar het verstewig nadat Robert Lighthizer, Amerikaanse handelsverteenwoordiger, en Chrystia Freeland, die Kanadese minister van buitelandse sake, Sondagnag gesê het Amerika en Kanada het tot 'n handelsooreenkoms, wat Mexiko insluit, ingestem.

Die ooreenkoms sal waarskynlik laat in November onderteken word.

Die nuwe ooreenkoms vervang die Noord-Amerikaanse Vryhandelsooreenkoms (Nafta) wat reeds 24 jaar oud is.

Die nuwe ooreenkoms sal as die VSA-Mexiko-Kanada-ooreenkoms of USMCA bekend staan.

Ná dié nuus het die rand Maandag met 0,5% tot R14,20 teruggesak.

Dit het gister vroegoggend teen R14,23 teen­oor die dollar verhandel.

Die olieprys het egter tot 'n nuwe hoogtepunt in bykans vier jaar geklim.

Dit het Maandag deur die vlak van US$85 per vat gebreek. Die olieprys styg steeds aangesien die Organisasie van Petro­leumuitvoerlande (Opul) 'n week gelede besluit het om nie produksie te verhoog nie. Die rand het gister teen R18,56 teenoor die Britse pond en teen R16,47 teenoor die euro ­verhandel.

Met die hulpbronne staan sake só:

Goud: US$1 191 per fynons

Platinum: US$824 per

fynons

Olie: US$85,02 per vat

Digitale geld

Bitcoin: US$6 577,61

Ethereum: US$230,27

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!