Rand steeds op agtervoet
Rand steeds op agtervoet

Rand steeds op agtervoet

Elvira Wood – Die rand bly maar steeds op die agtervoet teenoor die Amerikaanse dollar.

Die geldeenheid het vroeg Maandagoggend teen R15,21 teenoor sy Amerikaanse eweknie verhandel.

Die rand verhandel nou al bykans ’n maand teen meer as R15 teenoor die dollar.

Bloomberg berig die sterk dollar plaas tans druk op bykans alle geldeenhede van ontluikende ekonomieë.

Chris Turner, hoof van valutastrategie by ING in Londen, is een van die kenners wat meen dat die handelsoorlog tussen die VSA en China asook politieke onsekerheid in Europa, die rede is wat die dollar laat aanhou spiere bult.

Die VSA en China het albei op Sondag 1 September addisionele invoertariewe gehef op goedere wat hulle van mekaar invoer.

Maandag is egter ’n vakansiedag in die VSA wat verhandeling van die dollar gaan beïnvloed.

Die rand het vroeg Maandagoggend teen R18,50 teenoor die Britse pond en R16,72 teenoor die euro verhandel.

Met hulpbronne staan sake soos volg:

· Goud: $1 534,90 per fynons

· Platinum: $938 per ons

· Olie: $59,02 per vat

Digitale geld

· Bitcoin: $9 766,46/R158 140

· Ethereum: $171,34/R2 769 – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!