Rand steur hom nie veel aan Trump
Rand steur hom nie veel aan Trump

Rand steur hom nie veel aan Trump

Elvira Wood – Pres. Donald Trump het wel Dinsdagaand sy staatsrede gelewer, maar die rand het hom nie veel daaraan gesteur nie.

Die rand het vroegoggend teen R13,40 teenoor die dollar verhandel.

Dit is teen ongeveer dieselfde vlak as vóór dié toespraak gelewer is.

Trump het die toespraak twee weke later as beplan gegee omdat hy einde laasjaar en vroeër vanjaar groot dele van die regering gesluit het.

Dit was omdat hy $5 miljard wou hê om ’n muur tussen die VSA en Mexiko te bou.

Hoewel dit blyk dat die rand hom nie veel aan Trump se staatsrede gesteur het nie, gaan hy waarskynlik Donderdagaand die ene ore wees wanneer pres. Cyril Ramaphosa syne lewer.

Daar word wyd gehoop dat Ramaphosa veral uitsluitsel gaan gee oor wat by Eskom gaan gebeur, gesien kommer oor dié nutsmaatskappy se skuld een van die groot redes is hoekom graderingsagentskappe dit kan oorweeg om Suid-Afrika se skuld tot onder beleggingsgraad af te gradeer.

Die rand het vroeg Woensdagoggend teen R17,36 teenoor die Britse pond en R15,28 teenoor die euro verhandel.

Met die hulpbronne staan sake soos volg:

· Goud: $1 313,29 per fynons.

· Platinum: $816 per ons.

· Olie: $61,92 per vat.

Digitale geld

· Bitcoin: $3 370,10

· Ethereum: $101,90

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!