Rand wag nou op Fed-besluit
Rand wag nou op Fed-besluit

Rand wag nou op Fed-besluit

Elvira Wood – Die rand het die nuwe week op R14,37 teenoor die dollar begin.

Dit volg op ’n week propvol ekonomiese gebeure wat die rand laat op- en afwip het.

As dit nie redelike goeie nuus oor inflasie en rentekoerse was nie, dan was dit die geskil tussen die VSA en China oor invoertariewe.

Pres. Cyril Ramaphosa het ook Vrydag sy nuwe stimulusplan vir Suid-Afrika se ekonomie bekend gemaak.

Daar is vandeesweek weer gebeure wat die waarde van die rand kan beïnvloed.

Buiten die voortslepende twis tussen die VSA en China, begin die Federale Reserweraad (Fed) vandeesweek weer oor rentekoerse vergader.

Reuters berig dat daar ’n goeie kans is dat rentekoerse in die VSA verhoog gaan word.

Masafumi Yamamoto, hoof-valutastrateeg by Mizuho Securities in Tokio, Japan, sê al die tekens is daar dat rentekoerse verhoog gaan word.

“Die Amerikaanse ekonomie vaar goed ondanks die geskil met China,” sê hy.

Hoër rentekoerse in die VSA kan die dollar wéér ’n hupstoot gee en die rand onder druk plaas.

Die rand het op R18,83 teenoor die Britse pond en op R16,87 teenoor die euro verhandel.

Met die hulpbronne staan sake só:

· Goud: $1 198 per fynons

· Platinum: $827 per fynons

· Olie: $81,38 per vat

Digitale geld

· Bitcoin: $6 459,60

· Ethereum: $222,17 – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!