Rand wik en weeg oor begroting
Elvira Wood – Nadat die rand vir ’n oomblik oor die begrotingsrede gebokspring het, het hy nie enige beduidende verandering getoon nie.
Waar die rand Woensdagoggend teen R14,04 teenoor die dollar begin verhandel het, het hy Donderdag op R14,02 afgeskop.
Hy het selfs ’n oomblik onder die R14-vlak tot R13,99 teenoor die Amerikaanse geldeenheid versterk.
Ontleders het die hele week voorspel dat die begrotingsrede Woensdag in die parlement deur Tito Mboweni, minister van finansies, die rand moontlik beduidend kan beïnvloed.
Kort nadat die minister begin praat het, het die rand vinnig tot R14,37 teenoor die dollar teruggesak toe hy gesê het ekonomiese groei van net 1,5% word in 2019 verwag.
Dit is teenoor die 1,7% wat die tesourie nog in Oktober voorspel het.
In die begrotingsoorsig erken die tesourie ook dat hy R42,8 miljard minder belasting ingesamel het.
Dit is teenoor die R27,4 miljard wat in Oktober geneem is.
Die geldeenheid het egter kort hierna weer tot om en by die R14-vlak herstel.
Wat die rand wel Donderdag nadelig kan beïnvloed, is die kredietgradeerder Moody’s Investor Service se waarskuwing Woensdagaand nadat die markte gesluit het dat die begroting slegte nuus vir Suid-Afrika is.
Lucie Villa, senior kredietbeampte en Moody’s se leidende ontleder oor Suid-Afrika, sê die begroting “beklemtoon die regering se beperkte fiskale buigsaamheid te midde van ’n uitdagende ekonomiese omgewing”.
Moody’s is die enigste kredietgradeerder wat nóg nie die land se skuld tot onder beleggingsgraad afgegradeer het nie.
Die rand het Woensdagoggend teen R18,28 teenoor die Britse pond en R15,89 teenoor die euro verhandel.
Met die hulpbronne staan sake soos volg:
· Goud: $1 340,21 per fynons.
· Platinum: $825 per ons.
· Olie: $67,22 per vat.
Digitale geld
· Bitcoin: $3 934,42
· Ethereum: $146,38 – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie