RCC se direksie geskors, dissiplinêre stappe teen Goeieman
Ronelle Rademeyer - Die kabinetskomitee vir algemene beleid en prioriteite onder leiding van pres. Hage Geingob het opdrag gegee dat die minister van werke en vervoer, mnr. John Mutorwa, die direksie van die Padkontrakteursmaatskappy (RCC) met onmiddellike effek skors.
Verder het die komitee aanbeveel dat die sekretaris van die kabinet, mnr. George Simataa, dissiplinêre stappe teen die permanente sekretaris van werke en vervoer, mnr. Willem Goeieman, instel.
Dié optrede kom nadat die RCC onder voorsitterskap van mnr. Fritz Jacobs sonder insae van die regering en goedkeuring van die lynminister op 9 April 'n finansieringsooreenkoms met die Chinese maatskappy Jiangsu Nantong Sanjian Construction gesluit het, sê Mutorwa in 'n verklaring wat laat Maandagmiddag uitgereik is.
Hy het ook bekend gemaak dat die kabinetskomitee opdrag gegee het dat die regsproses afskop ingevolge waarvan die RCC onder geregtelike bestuur geplaas word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie