Redes vir aborsiestorm onder vee bekend
Die oorsake vir die sogenaamde aborsiestorm onder vee op plase in veral die groter Windhoek-omgewing, is bekend.
Ronelle Rademeyer - Die Namibië Landbou-unie (NLU), wat in samewerking met die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO), Vleisraad en Feedmaster 'n ondersoek na die abnormale hoë voorkoms van aborsies onder vee laat doen het, sê die uitslag is bekend.
“Die toetse wat by 'n laboratorium in Suid-Afrika gedoen is, toon dat 'n wanbalans in mikronutriënte by die meeste van die diere voorgekom het.
Dit het gepaard gegaan met 'n sekondêre bakteriese infeksie,” sê die unie in sy jongste nuusbrief.
Dié infeksie is veroorsaak deur 'n immuunonderdrukking in die fetus.
Mikronutriënte is die minerale, vitamiene en aminosure wat liggaamsfunksies reguleer en optimale gesondheid verseker.
Hierdie inligting is verlede week deur drs. Jolandie van der Westhuizen en Anselm Voigts, wat aan die stuur van die ondersoek staan, bekend gemaak.
“Die mineraal-abnormaliteite was nie presies dieselfde op al die plase nie, maar dit is te wagte aangesien toenames in aborsies in verskillende geografiese gebiede plaasgevind het en die omgewingsomstandighede verskil,” sê hulle.
Die vlaag van aborsies het sedert die einde van 2016 onder vee veral oos van Windhoek in die Khomasstreek voorgekom.
Een boer in dié streek het 85% van sy aanteel verloor toe 190 van sy koeie geaborteer het.
Ander produsente het misgeboortes by 6 tot 50 van hul koeie opgemerk en enkele gevalle van aborsies is ook onder vee in die Omaheke- en Otjozondjupastreek aangemeld.
Vraelyste
Dit het die NLU genoop om saam met sy vennote die ondersoek na die oorsake hiervan, van stapel te stuur.
Vraelyste is opgestel en produsente wie se vee geaborteer het, is versoek om dit in te vul, met die belofte dat alle inligting vertroulik hanteer sal word.
Die ministerie van landbou, water en bosbou het produsente ook gewaarsku dat “aborsiestorms, of 'n massiewe aantal aborsies”, sedert Julie 2017 onder beeste, bokke en skape in die Khomasstreek voorkom.
“'n Komitee van regerings- asook private veeartse is aangestel om die oorsaak te ondersoek en met maatreëls vorendag te kom wat die verspreiding en uitbreking daarvan sal voorkom,” het die ministerie in sy veeartseny-kennisgewing aan produsente gesê.
Die misgeboortes het glo teen die einde van 2016 aanvanklik onder kleinvee op 'n plaas in die Khomasstreek begin.
In Julie verlede jaar het misgeboortes onder beeste op een van die aangrensende plase voorgekom, waarna talle ander boere se koeie ook geaborteer het.
Drs. Van der Westhuizen en Voigts sê belangrike kwessies het uit die ondersoek na vore gekom. Dit is dat die lewermonsters van diere wat geslag word, gereeld ondersoek moet word as 'n metode om die risiko van mikro-nutriënt-wanbalanse te verminder.
Verder moet alle aanvullings gebalanseerd toegedien word en daar moet aan die mikronutriënt-vereistes voldoen word.
Produsente moet verder seker maak hulle volg die vervaardiger van die inspuitbare mikronutriënt-aanvullings se aanbevelings oor wanneer die beste tyd is om dit toe te dien.
Verder, sê hulle, dit is belangrik dat produsente die kennis en ondervinding van private veeartse en voedingskundiges met 'n breë kuddegesondheidsbenadering bekom om siektes te voorkom en produksie te verhoog.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie